Die Hof van Justisie van die Europese Unie (Engels: CJEU Court of Justice of the European Union) is 'n instelling van die Europese Unie.[1]
Die hof bestaan uit drie dele
Die Hof van Justisie van die Europese Unie is in 1952 gestig en het die missie om seker te stel "dat die wet gehandhaaf word" "in die interpretasie en toepassing" van die Europese Verdrae.[2]
Dele van hierdie missie is:
Elke lidstaat het sy eie taal/tale en regstelsel en die nasionale howe pas ook die Europese wetgewing toe. Die CJEU moet daarom die beginsel van die veeltaligheid volledig in uitvoering bring en beskik oor taalvoorsienings wat uniek in die wêreld is.[2]
Hierdie hof het voor die Verdrag van Lissabon die naam Hof van Justisie van die Europese Gemeenskappe gehad.
Die hof het 'n aansienlike rol gespeel in die ontwikkeling van die Europese Unie. In hulle uitsprake het hulle dikwels die kant van die (swak) supranasionale owerhede ('Brussel') gekies en daarmee die integrasieproses 'n hupstoot gegee wat nie alle leiers van die lidstate so bedoel of gewil het nie. 'n Goeie voorbeeld is die isoglukose-hofsaak (1980) wat die posisie van die Europese Parlement teenoor die (nasionale) politici van die Europese Raad versterk het. Dit is dikwels die gevolg van die swakte van die supranasionale sentrum in Brussel teenoor die verdeeldheid van die nasionale leiers, wat ruimte geskep het vir die Hof om uitsprake te doen wat integrasie bevorder het.
Hierdie hof is daarom heelparty kere beskuldig van justisiële aktivisme, veral deur mense wat Europese integrasie teenstaan. Nasionale leiers soos die Franse president Giscard d'Estaing in die 1980s en die Duitse kanselier Helmut Kohl in die 1990s het die hof openlik bekritiseer. Ná die toetreding van baie nuwe lede in Oos-Europa het die kritiek nog sterker geword, veral ná die omstrede hofsake van die Laval-kwartet en van Mangold. Kritiek op die ECJ het 'n belangrike rol gespeel in die debat oor Brexit in die Verenigde Koninkryk.[3]