Islamitiese Revolusionêre Wagkorps

Seël van die Leër van die Beskermers van die Islamitiese Revolusie

Die Islamietiese Revolusionêre Wagkorps, die Islamietiese Revolusionêre Garde (Engels: The Islamic Revolutionary Guard Corps - IRGC) (Persies: سپاه پاسداران انقلاب اسلامی‎, translit. Sepâh-e Pâsdârân-e Enghelâb-e Eslâmi, letterlik Leër van Beskermers van die Islamitiese Revolusie of Sepâh vir kort of Pasdaran as informele naam) is 'n tak van Iran se gewapende magte gestig na die Irannese Rewolusie op 22 April 1979[1] op bevel van Ayatollah Khomeini.[2] Volgens die Iraanse grondwet moet die weermag (of Artesh) Iran se grense verdedig en interne orde handhaaf, terwyl die Revolusionêre Wag (Pasdaran) bedoel is om die land se "Islamitiese Republiekstelsel" te beskerm.[3] Die Revolusionêre Wag verklaar dat hul rol in die beskerming van die Islamitiese stelsel is om buitelandse inmenging sowel as staatsgrepe deur die weermag of "afwykende bewegings" te voorkom.[4]

Sedert sy ontstaan as 'n ideologies-gedrewe milisie, het die Leër van Beskermers van die Iraanse Revolusie in bykans elke aspek van die Iraanse samelewing 'n groter rol gespeel. Dié organisasie se uitgebreide sosiale, politieke, militêre en ekonomiese rol onder president Mahmoud Ahmadinejad se administrasie - veral tydens die presidensiële verkiesing 2009 en die naverkiesing onderdrukking van protes - het baie Westerse ontleders geargumenteer dat sy politieke mag selfs dié van die Sjia-geestelike stelsel oortref het.[5][6][7]

Die Revolusionêre Wagte het ongeveer 125 000 militêre personeel, insluitend grond-, lugvaart- en vlootmagte. Sy vlootmagte is nou die primêre magte wat operasionele beheer van die Persiese Golf uitoefen.[8] Dit beheer ook die paramilitêre Basij-milisie wat ongeveer 90 000 aktiewe personeel het.[9][10] Die media-arm is Sepah News.[11] Die hoofbevelhebber van die Pasdaran sedert 2007 is Mohammad Ali Jafari, wat voorafgegaan is deur Yahya Rahim Safavi vanaf 1997.

Hierdie groep is getipeer as 'n terroriste-organisasie deur Saoedi-Arabië, Bahrein en die Verenigde State. [12][13] Ten spyte daarvan dat top-Central Intelligence Agency en Amerikaanse Pentagon-amptenare teen die terroriste-benoeming van die organisasie as 'n terroriste organisasie gekant was, het President Donald Trump op 8 April 2019 so 'n besluit geneem. [14]

Qasem Soleimani bevelvoerder van die IGRC se Koeds-mag, is op 3 Januarie 2020 in Bagdad, Irak, dood in 'n Amerikaanse hommeltuig-aanval.[15] Soleimani is opgevolg as bevelvoerder van die Quds-mag deur Esmail Ghaani.[16]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. staff, writer. "How was IRGC founded?". Tasnim news Agency (in Persies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020. Besoek op 22 April 2017.
  2. IISS Military Balance 2006, Routledge for the IISS, Londen, 2006, bl. 187
  3. "Profile: Iran's Revolutionary Guards" Geargiveer 27 Desember 2008 op Wayback Machine. BBC. 18 Oktober 2009.
  4. Morris M Mottale. "The birth of a new class – Focus" (in Engels). Al Jazeera English. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2020. Besoek op 29 Oktober 2013.
  5. "Arrests at new Iranian protests" (in Engels). BBC News. 21 Julie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2020. Besoek op 21 Julie 2009.
  6. "Crisis as Opportunity for the IRGC" (in Engels). Stratfor. 27 Julie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2020. Besoek op 1 Augustus 2009.
  7. Abdo, Geneive (7 Oktober 2009). "The Rise of the Iranian Dictatorship". Foreign Policy (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2014. Besoek op 13 Oktober 2009.
  8. "The Consequences of a Strike on Iran: The Iranian Revolutionary Guard Corps Navy" GlobalBearings.net, 15 Desember 2011.
  9. Abrahamian, Ervand, History of Modern Iran, Columbia University Press, 2008 pp. 175–76
  10. Aryan, Hossein. "Iran's Basij Force – The Mainstay of Domestic Security. 15 January 2009" (in Engels). RFERL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2016. Besoek op 25 Desember 2011.
  11. "Picture imperfect" Geargiveer 12 Oktober 2017 op Wayback Machine 9 Maart 2013 The Economist
  12. "Saudi, Bahrain add Iran's Revolutionary Guards to terrorism lists". Reuters (in Engels). 23 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 8 April 2019.
  13. Ballhaus, Rebecca (8 April 2019). "U.S. Designates Iran's Islamic Revolutionary Guard Corps as a Terror Organization". Wall Street Journal (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 8 April 2019.
  14. Wong, Edward; Schmitt, Eric (8 April 2019). "Trump Designates Iran's Revolutionary Guard a Foreign Terrorist Group". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 8 April 2019.
  15. CNN, Zachary Cohen, Hamdi Alkhshali, Arwa Damon and Kareem Khadder. "US drone strike ordered by Trump kills top Iranian commander in Baghdad". CNN (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 3 Januarie 2020. {{cite web}}: |last= has generic name (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  16. "Soleimani's Deputy Esmail Ghaani Named Iran's Quds Force Chief". Bloomberg (in Engels). 3 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2020. Besoek op 3 Januarie 2020.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.