Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Jack Liebeck (gebore 1980) is 'n Britse violis. In 2010 wen hy 'n Classical Brit-toekenning in die kategorie vir jong Britse klassieke kunstenaars.[1] Liebeck was 'n solis op die klankbaan van die 2011-rolprent Jane Eyre wat deur Cary Joji Fukunaga geregisseer is, asook op die Oscar-, Golden Globe-, en BAFTA-genomineerde klankbaan van Anna Karenina (2012). Beide klankbane is deur Dario Marianelli gekomponeer. Hy neem uitsluitlik vir Hyperion Records op.