Jason Momoa | |
Geboortenaam | Joseph Jason Namakaeha Momoa |
---|---|
Geboorte | 1 Augustus 1979 Honolulu, Hawaii, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Kinders | 2 |
Beroep(e) | Akteur, vervaardiger, en regisseur |
Aktiewe jare | 1999–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Jason Momoa (gebore 1 Augustus 1979) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Aquaman (2018),Conan the Barbarian (2011), Bullet to the Head (2012), en Justice League (2017), en in die televisiereeks Stargate: Atlantis (2004).
Hy speel Aquaman in Batman v Superman: Dawn of Justice, en in Justice League (2017) en in Aquaman (2018).[1]
Momoa is in 1979 gebore in Honolulu, Hawaii, as enigste kind van Coni (Lemke), 'n fotograaf, en Joseph Momoa, 'n verwer.[2] Hy het grootgeword in Norwalk, Iowa.[3]
In Junie 2014, het Momoa na bewering die rol van Aquaman gekry. Hy het die rol gespeel in Batman v Superman: Dawn of Justice,[4] Aquaman se live-aksie-toneel debuut. Momoa speel die karakter in die 2017 film Justice League. Hy het daarna in die Aquaman solo-rolprent gespeel wat in laat 2018 vrygestel is.[5]
Momoa het 'n verhouding met die aktrise begin Lisa Bonet nadat vriende hulle in 2005 aanmekaar voorgestel het.[6] Alhoewel dit voorheen geglo was dat Momoa en Bonet op 15 November 2007 getrou het, het die egpaar nie wettiglik getrou tot Oktober 2017 nie.[7] Deur sy huwelik met Bonet het Momoa die stiefpa geword van Zoë Kravitz.
Op 23 Julie 2007 het Bonet geboorte geskenk aan hul eerste kind,'n dogter, genaamd Lola Iolani Momoa.[6] Op Desember 15, 2008, is hulle tweede kind gebore , 'n seun genoem Nakoa-Wolf Manakauapo Namakaeha Momoa.[8]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Jason Momoa. |