Jeanine Hennis | |
Minister van Verdediging
| |
Ampstermyn 2012 – 2017 | |
Voorafgegaan deur | Hans Hillen |
---|---|
Opgevolg deur | Klaas Dijkhoff |
Ampstermyn 2017 – 2018 | |
Ampstermyn 2010 – 2012 | |
lid Europees Parlement
| |
Ampstermyn 2004 – 2010 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 7 April 1973 Heerlen, Nederland |
Politieke party | VVD |
Eggenoot/-note | Erik-Jan Hennis |
Religie | Rooms-Katoliek (opgevoed) |
Jeanine Antoinette Hennis-Plasschaert (gebore 7 April 1973 in Heerlen) is 'n Nederlandse politikus vir die regs-liberale VVD-party. Sy was die Minister van Verdediging in die Rutte II-kabinet gewees. Sedert 2018 werk sy by die Verenigde Nasies.
Hennis studeer van 1991 tot 1994 regte aan die Rijksuniversiteit Utrecht, maar voltooi nie haar studies nie. In 1994 word sy opgelei as sekretaris van die European Secretarial Academy aan Instituut Schoevers te Utrecht.
Voordat Hennis die politiek betree het, was sy 'n medewerker by die Europese Kommissie vir Uitbreiding, 'n deel van die Europese Unie. Sy is ook namens hierdie Kommissie uitgestuur na Riga (Letland). Daarna was sy werksaam as adviseur by 'n internasionale rekenmeesterskantoor en by die Kollege van Burgemeester en Wethouers van die gemeente Amsterdam. In 2004 is sy 'n lid van die Europese Parlement, in 2010 van die Tweede Kamer, van 2012 tot 2017 is sy Minister van Verdediging en in 2017 is sy opnuut 'n lid van die Tweede Kamer.
Jeanine Hennis-Plasschaert is sedert 27 September 2003 getroud met Erik-Jan Hennis. Hulle is Rooms-Katoliek opgevoed.