Alain was gebore in Saint-Germain-en-Laye in die westerse voorstede van Parys in 'n gesin van musikante. Sy vader, Albert Alain (1880–1971) was 'n orrelis, komponis en orrelbouer wat gestudeer het saam met Alexandre Guilmant en Louis Vierne. Sy jonger broer was die komponis, orrelis en pianis Olivier Alain (1918–1994), en sy jongste suster was die orrelis Marie-Claire Alain (1926–2013). Sy vrou se naam was Madeleine en hulle het drie kinders gehad genaamd Denis, Agnès, en Lise (https://www.thediapason.com/national-french-centenary-celebration-birth-jehan-alain-1911–1940).
Jehan het sy aanvanklike opleiding in klavier ontvang vanaf Augustin Pierson, die orrelis van Sint-Louis by Versailles, en in die orrel van sy vader, wat 'n vierhandige instrument in die sitkamer gebou het.[1] Teen die ouderdom van elf het Jehan reeds as plaasvervanger gespeel by Sint Germain-en-Laye.
Tussen 1927 en 1939 het hy die Parys Konservatoria bygewoon en eersteplek behaal in Harmonie onder André Bloch , asook Eersteprys in die Fuga met Georges Caussade. Hy het die orrel saam met Marcel Dupré gestudeer, onder wie se leiding hy die eersteplek gewen het vir Orrel en Improvisasie in 1939. Sy studies in komposisie met Paul Dukas en Jean Roger-Ducasse het aan hom die Prix des amis de l'orgue in 1936 besorg vir sy Suite vir Orrel Op. 48, Introduksie, Variasies, Scherzo en Koor.[1]
Hy was in 1935 in Parys as orrelis aangestel van Saint-Nicholas de Maisons Laffitte, en het daar aangebly vir vier jaar. Hy het ook gereeld gespeel by die Rue Notre-Dame-de-Nazareth sinagoge.[1] Die enigste opname van sy speelwerk-'n ses minuut-lange improvisasie, was in 1938 by die sinagoge gemaak.
Sy kort loopbaan as komponis het in 1929 begin toe hy agtien jaar oud was, en sou tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog tien jaar later duur. Sy musiek was nie net beïnvloed die musikale taal van die vroeëre komponis Claude Debussy en sy mede-komponis Olivier Messiaen nie (sien bv. sy Le jardin suspendu, 1934), maar ook deur 'n belangstelling in die musiek, dans en filosofieë van die verre ooste (verkry by die Exposition coloniale internationale van 1931 en gesien in sy Deux danses à Agni Yavishta, 1932, en Deuxième fantaisie, 1936), 'n Renaissance van Barokmusiek (gesien in sy Variations sur un thème de Clément Janequin, 1937), en in jazz (gesien in sy Trois danses van 1939).
Alain het sy Le jardin suspendu ("Die Hangende Tuin") beskryf as 'n tentoonstelling van "die ideale, ewige strewe en ontvlugting van die kunstenaar, 'n ontoeganklike en ondeurdringbare asiel en toevlug".[2]
Variations on a theme of Clément Janequin, composed in 1937, run time of three minutes and 45 seconds, "JA 118", performed by Marc Giacone
Probleme om na lêer te luister? Sien die mediahulp.
Hy het koormusiek-insluitende 'n Dodemis-, kamermusiek, liedere en drie volumes klaviermusiek geskryf. Maar dit is vir sy orrelmusiek waarvoor hy die bekendste is. Sy mees bekende werk is Litanieë, wat in 1937 gekomponeer is.[1] Daardie werk word voorafgegaan deur die teks: "Quand l’âme chrétienne ne trouve plus de mots nouveaux dans la détresse pour implorer la miséricorde de Dieu, elle répète sans cesse la même invocation avec une foi véhémente. La raison atteint sa limite. Seule la foi poursuit son ascension." ("Wanneer, in sy nood, die Christelike siel geen meer woorde kan vind om God se genade op te roep nie, herhaal dit eindeloos dieselfde litanie...want die rede het sy limiet bereik; slegs geloof kan jou dan verder neem..."). Deuils ("roubeklaery"), die tweede van die Trois danses, is toegewy aan Odile (Alain se oorlede suster) as 'n "Begrafnisdans gewy aan 'n Heroïese Herinneringe".[1]
Hy was altyd geïnteresseerd in meganika, en was 'n vaardige motorfietsbestuurder. Hy was gedurende die Tweede Wêreldoorlog 'n boodskapper in die Agste Gemotoriseerde Afdeling van die Franse Leër. Op 20 Junie 1940 was hy toegewys om die Duitse vordering op die oosterse kant van Die Slag van Saumur (1940) te verken toe hy 'n groep Duitse soldate teëgekom het by Le Petit-Puy. Hy het om die draai gekom, en toe hy die aankomende Duitsers hoor, het hy sy motorfiets gelos en die vyand trompop geloop met sy karabyn, en 16 vyandelike soldate gedood voordat hy self gedood is.[2] Die Croix de Guerre is postuum aan hom toegeken vir sy heroïese optrede,[3] en hy was met volle militêre eerbewyse deur die Duitsers begrawe.[4]
Hy het sy vrou, Madeleine Payan, nagelaat met wie hy in 1935 getroud is, asook sy drie kinders en 'n aantal komposisies wat deur baie beskou word as van die oorspronklikste werke van die 20ste eeu.
Henri Dutilleux se Les citations bevat 'n musikale aanhaling van Jehan Alain se musiek. Maurice Duruflé het 'n musikale eerbewys aan Jehan Alain geskryf met sy werk Prélude et fugue sur le nom d'A.L.A.I.N op. 7, vir orrel.