Jameel Sadik "Jim" Al-Khalili (Arabies: جيم الخليلي) (gebore op 20 September1962) is 'n Britse teoretiese fisikus, skrywer en uitsaaier. Hy is professor van teoretiese fisika aan die Universiteit van Surrey. Hy is 'n gereelde uitsaaier en aanbieder van wetenskaplike programme op BBC radio en televisie en lewer dikwels kommentaar oor wetenskaplike aangeleenthede in ander Britse media.
In 2014 is Al-Khalili benoem as 'n RISE ("Recognising Inspirational Scientists and Engineers") leier deur die VK se "Engineering and Physical Sciences Research Council".[1] Hy was tussen Januarie 2013 en Januarie 2016 president van die British Humanist Association.[2][3]