Johann Strauss I (Duits: Johann Baptist Strauß, Johann Strauss (Vater); ook Johann Baptist Strauss, Johann Strauss Sr., die Ouere, die Vader; 14 Maart1804 - 25 September1849) was 'n OostenrykseRomantiesekomponis. Hy is bekend vir sy walse en het die genre gepopulariseer saam met Joseph Lanner; sodoende het hy die weg voorberei vir sy seuns om sy musikale dinastie voort te sit. Hy is veral bekend vir die komponeer van die Radetzky-mars (vernoem na Joseph Radetzky von Radetz).