John Cradock | |
Goewerneur van die Kaapkolonie
| |
Ampstermyn 1811 – 1814 | |
Monarg | George III |
---|---|
Voorafgegaan deur | Du Pré Alexander |
Opgevolg deur | Charles Somerset |
Waarnemende Goewerneur van Gibraltar
| |
Ampstermyn 1809 – 1809 | |
Monarg | George III |
Voorafgegaan deur | Hew Dalrymple |
Opgevolg deur | Colin Campbell |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | John Francis Cradock 11 Augustus 1759 |
Sterf | 26 Julie 1839 (op 79) |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse Weermag |
Rang | Generaal |
Eenheid | Madras-Weermag |
Oorloë/Veldslae | Ierse Opstand |
Toekennings | Orde van die Bad |
Sir John Francis Cradock (11 Augustus 1759–26 Julie 1839) was die tweede Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop.
Hy is in Ierland gebore en was die seun van aartsbiskop John Cradock van Dublin. Hy word in 1811 goewerneur van die Kaap. Sy militêre vernuf was uiters nuttig in die oorlog aan die Oosgrens teen die Xhosas. Rondgaande howe was 'n nuwigheid wat tydens sy bewind ingevoer is. Sy grondhervorming is 'n blywende nalatenskap wat die hedendaagse stelsel van titelaktes daargestel het.
Hy is in 1812 tot generaal bevorder en keer die volgende jaar terug na Brittanje waar hy die familienaam Caradoc aanneem. Later word kry hy 'n ridderskap as baron Howland.
Die dorp Cradock is na hom genoem.