Jonathan Clements | |
---|---|
Jonathan Clements by die 72ste Wêreld Wetenskapfiksie Konvensie | |
Gebore | 9 Julie 1971 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Skrywer |
Jonathan Michael Clements (gebore op 9 Julie 1971) is 'n Britse outeur en teksskrywer wat in Engels skryf. Sy nie-fiksie werke sluit biografieë van Konfusius, Koxinga en Qin Shi Huangdi (die Eerste Keiser van China) in, sowel as maandelikse opinie rubrieke vir die Neo tydskrif. Hy is ook die mede-outeur van ensiklopedieë van anime en Japannese televisie dramas.
Clements se vele nie-fiksie publikasies oor onderwerpe wat strek van die geskiedenis van die Wikings tot die lewe van Mao Tse-tung dien as navorsing vir sy fiksie werke. Sy boeke is reeds in meer as 'n dosyn tale vertaal, insluitende Spaans, Portugees, Nederlands en Koreaans. Sy mees noemenswaardige werke sluit in:
In 2011 het hy 'n bydraende redakteur tot Die Ensiklopedie van Wetenskapfiksie 3de uitgawe,[1] geword, met spesiale verantwoordelikheid vir Sjinese en Japannese inskrywings.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |