Joshua Nkomo | |
Joshua Nkomo in 1978 | |
Adjunkpresident van Zimbabwe
| |
Ampstermyn 31 Desember 1987 – 1 Julie 1999 | |
President | Robert Mugabe |
---|---|
Opgevolg deur | Joseph Msika |
Minister van Binnelandse Sake
| |
Ampstermyn 1980 – 1982 | |
President | Canaan Banana |
Eerste minister | Robert Mugabe |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Joshua Mqabuko Nyongolo Nkomo 19 Junie 1917 Suid-Rhodesië |
Sterf | 1 Julie 1999 (op 82) Harare, Zimbabwe |
Politieke party | Zimbabwean African People's Union ZANU–PF |
Eggenoot/-note | Johanna MaFuyana |
Kind(ers) | Thandiwe Nkomo Ernest Thutani Michael Sibangilizwe Louise Sehlule |
Alma mater | Tjolotjo Government Industrial School, Adams College, Jan Hofmeyer School of Social Workers |
Religie | Metodisme |
Joshua Mqabuko Nyongolo Nkomo (19 Junie 1917[1] – 1 Julie 1999) was die stigter en leier van die Zimbabwean African People's Union (ZAPU), asook 'n lid van die Ndebele (Kalanga)-stam.[2]
Nkomo was 'n vakbondleier, wat die president van die verbode Nasionale Demokratiese Party geword het, en is vir tien jaar deur Rhodesië se destydse wit regering tronk toe gestuur. Ná sy vrylating het ZAPU tot die val van die regering bygedra, maar in konflik met die mededinger ZANU-groep gekom, wat deur Robert Mugabe gelei is. Net na 'n omstrede samesmelting tussen ZAPU en ZANU, moes hy uit vrees vir sy lewe die land uit vlug.
Hy het verskeie byname gehad, onder andere "Umafukufuku", "Vader Zimbabwe" en "Chibwechitedza", die gladde rots.