’n Kabney (Dzongkha: བཀབ་ནེ་; Wylie: bkab-ne) is ’n syserp wat in Bhoetan gedra word as deel van die tradisionele manlike kostuum, die gho.[1] Dit is van rou sy, gewoonlik 90 x 300 cm groot. Dit word gedra oor die tradisionele kleed, van die linkerskouer tot die regterheup, tydens spesiale geleenthede of op besoek aan ’n dzong. ’n Kabney word ook ’n bura genoem, wat sy beteken.
Die kabney en gho word gedra as deel van die driglam namzha (of driklam namzhak), die amptelike gedrags-en-klerekode van Bhoetan. Die gho is verpligtend vir skoolseuns en regeringsamptenare.[1][2] Vroue se tradisionele rok word die kira genoem. ’n Rachu word oor die kira gedra.[1][3]
Die rang van die persoon wat die kabney dra, bepaal watter kleur die serp is:[4][2][5][6]