Kadjar-dinastie | |
---|---|
Sjah van Iran | |
Land | Persië |
Gestig | 1789 |
Stigter | Aga Mohammed Khan (1789-1797) |
Laaste heerser | Ahmad Sjah (1909-1925) |
Afgesit | 1925 |
Opgevolg deur | Pahlavi-dinastie |
Die Kadjar-dinastie (Persies: سلسله قاجار, Selsele-ye Qājār, Azerbeidjans: Qacarlar قاجارلر) was 'n Irannese[1] koninklike dinastie van Turkse oorsprong,[2][3][4] spesifiek van die Kadjar-stam. Dit het van 1789 tot 1925 oor Iran regeer.[5] Die Kadjar-familie het in 1794 volle beheer oor Iran geneem deur Lotf 'Ali Khan, die laaste sjah van die Zand-dinastie, af te sit en Irannese heerskappy oor 'n groot deel van die Kaukasus te herstel. In 1796 het Aga Mohammed Khan die stad Mashhad maklik verower[6] en 'n einde gebring aan die Afsjarid-dinastie. Mohammed Khan is toe amptelik as sjah gekroon ná sy strafveldtog teen Iran se Georgiese onderdane.[7]
;In die Kaukasus het die Kadjar-dinastie in die loop van die 19de eeu baie van Iran se integrale gebiede[8] aan die Russiese Keiserryk afgestaan, insluitende die hedendaagse Georgië, Dagestan, Azerbeidjan en Armenië.[9]
Naam | Portret | Titel | Gebore-oorlede | Bewind begin | Bewind eindig | |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Mohammed Khan Kadjar | Khan[10] Sjah[10] |
1742-1797 | 1789[11] | 17 Junie 1797 | |
2 | Fat′h-Ali Sjah Kadjar | Sjahansjah[10] Khagan[10] |
1772-1834 | 17 Junie 1797 | 23 Oktober 1834 | |
3 | Mohammed Sjah Kadjar | Khagan seun van khagan[10] | 1808-1848 | 23 Oktober 1834 | 5 September 1848 | |
4 | Naser al-Din Sjah Kadjar | Zell'ollah ("Skaduwee van God op aarde")[10] Qebleh-ye 'ālam ("Spil van die Heelal")[10] Islampanah ("Toevlugsoord van Islam")[10] |
1831-1896 | 5 September 1848 | 1 Mei 1896 | |
5 | Mozaffar ad-Din Sjah Kadjar | 1853-1907 | 1 Mei 1896 | 3 Januarie 1907 | ||
6 | Mohammed Ali Sjah Kadjar | 1872-1925 | 3 Januarie 1907 | 16 Julie 1909 | ||
7 | Ahmad Sjah Kadjar | 1898-1930 | 16 Julie 1909 | 31 Oktober 1925 |