Keke Rosberg | |
---|---|
Rosberg by die 1982 Hollandse Grand Prix
| |
Geboortedatum | 6 Desember 1948 |
Geboorteplek | Solna, Swede |
Volle naam | Keijo Erik Rosberg |
Nasionaliteit | Fin |
Aktiewe jare | 1978–1986 |
Ou span(ne) | Theodore, ATS, Wolf, Fittipaldi, Williams, McLaren |
Inskrywings | 128 (114 wegspronge) |
Kampioenskappe | 1 (1982) |
Oorwinnings | 5 |
Podiums | 17 |
Loopbaanpunte | 159.5 |
Voorste wegspronge | 5 |
Vinnigste rondtes | 3 |
Eerste F1-wedren | 1978 Suid-Afrikaanse Grand Prix |
Eerste wen | 1982 Switserse Grand Prix |
Laaste wen | 1985 Australiese Grand Prix |
Laaste inskrywing | 1986 Australiese Grand Prix |
Keijo Erik Rosberg (gebore 6 Desember 1948), bekend as "Keke", is 'n voormalige Finse renjaer en die 1982 Formule Een-wêreldkampioen.[1] Hy was die eerste Finse jaer wat gereeld aan die reeks deelgeneem het. Hy is die vader van 2016 Formule Een-wêreldkampioen Nico Rosberg.[2]
Rosberg is op 6 Desember 1948 in Solna, Swede, gebore, waar sy pa veeartsenykunde studeer het. [3] Rosberg se pa Lars Rosberg en ma Lea Lautala was albei boorlinge van Hamina, Finland.[4] Die gesin het in die lente van 1950 na Finland verhuis.
Rosberg se Formule Een-loopbaan het betreklik laat begin. Hy het op die ouderdom van 29 in Formule Een gedebuteer nadat hy aan Formule Vee, Formule Super Vee, Can-Am, Formule Atlantic, Formule Pacific en Formule Twee deelgeneem het. Hy het vir Fred Opert, sy Amerikaanse beskermheer, gejaag. Sy eerste Formule Een-ren was vir die Theodore -span gedurende die 1978-seisoen.[5] Hy het dadelik die aandag van die Formule Een-gemeenskap getrek met 'n uitstekende rit in die nie-Kampioenskap BRDC Internasionale Trofee by Silverstone in net sy tweede wedren by die span. Rosberg kon nie daarna vir 'n wedren kwalifiseer nie, en is deur 'n ander onmededingende span, ATS, vir drie wedrenne onderteken nadat die Theodore-span sy onbetroubare motorontwerp geskrap het. Hy het na Theodore teruggekeer nadat hulle onderstelle van die Wolf Formule Een-span gekry het, maar dié was ook onmededingend en Rosberg is halfpad deur die 1979- seisoen oor na die Wolf-span.
Ten spyte hiervan was Williams geïnteresseerd in Rosberg, met die uittrede van 1980 Wêreldkampioen Alan Jones wat 'n sitplek oopgelaat het vir die 1982-seisoen.[5] Gegewe 'n mededingende motor, het Rosberg 'n uiters suksesvolle jaar beleef. Hy het konsekwent punte aangeteken en sy eerste oorwinning in die Switserse Grand Prix by Dijon-Prenois laat daardie jaar behaal.[6]
Keke Rosberg se vyfde en laaste Grand Prix-oorwinning het gekom by die 1985 Australiese Grand Prix op die splinternuwe Adelaide Straatbaan. Aangesien dit die laaste wedren van die seisoen was, was dit ook Rosberg se laaste wedren vir Williams. Keke het die wentrofee aan sy reningenieur, Frank Dernie, gegee. Die oorwinning het Rosberg se reputasie as 'n "straatvegter" verbeter, aangesien vier van sy vyf kampioenskap Grand Prix-oorwinnings (Monaco, Dallas, Detroit en Adelaide) almal op straatbane gekom het. Rosberg het die 35 °C hitte beter hanteer as die meeste en het met 43 sekondes voor die Ligier Renaults van Jacques Laffite en Philippe Streiff geëindig.
Op daardie tydstip het Rosberg se skuif na McLaren vir die 1986-seisoen na 'n meesterslag gelyk, aangesien hul die kampioenspan van die vorige twee seisoene was, nadat hulle dit (veral in 1984) in dominerende styl gedoen het.[5] Die McLaren van 1986 was nou egter ietwat onvoldoende vergeleke met sy mededingers, en Rosberg is verslaan deur sy spanmaat, 1985 Wêreldkampioen Alain Prost (die McLaren MP4/2C was ontwerp deur John Barnard in die nuutste styl van Niki Lauda en Alain Prost, terwyl Rosberg nooit die grondeffekstyl van laat rem en gooi die motor in 'n hoek laat vaar het nie. Die noodlottige ongeluk van Rosberg se goeie vriend Elio De Angelis In Mei 1986 het hy hom diep geraak en hy het aan die einde van die seisoen afgetree. Hy sou later beweer dat hy "te vroeg" afgetree het.
Keke Rosberg het die laaste wedren van sy Formule Een-loopbaan, die 1986 Australiese Grand Prix, oorheers, hoewel hy nie gewen het nie. Terwyl hy 'n voorsprong van 30 sekondes oor Nelson Piquet (sy plaasvervanger by Williams) gehad het, het hy 'n pap agterband opgedoen in rondte 62. Omdat hy gedink het die geraas van die agterkant van sy McLaren was enjinverwant, het hy die enjin afgeskakel en van die baan afgetrek. Toe hy uitklim, sien hy al wat hy hoef te doen is om terug te ry na die kuipe om bande te ruil. Hy het egter later onthul dat hy in elk geval nooit sou gewen het nie, dat hy beplan het om die beste aan Alain Prost te gee in die Fransman se bod vir die wêreldkampioenskapstitel. Soos dit geblyk het, het Prost die wedren en die titel gewen, en 'n rondte ná Rosberg se uittrede het Mansell dieselfde lot as sy voormalige spanmaat gely, hoewel op baie meer skouspelagtige wyse.