Kepler-22b | ||||
Eksoplaneet | ||||
![]() | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van Kepler-22b. | ||||
Soort planeet | Superaarde | |||
Moederster | Kepler-22 | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Regte klimming | 19h 16m 52.2s | |||
Deklinasie | +47° 53′ 4.0″ | |||
Skynmagnitude (m) | 11,5 | |||
Afstand (ligjaar) | 620 | |||
Metaalinhoud | –0,29 ± 0,06 | |||
Spektraaltipe | G5 | |||
Planeet | ||||
Massa | <52,8 M⊕ | |||
Radius | 2,396 R⊕ | |||
Temperatuur | 5 518 K | |||
Wentelperiode | 289,862 dae[1] | |||
Ontdekking | ||||
Datum | 12 Mei 2009 | |||
Ontdekkers | Kepler-span | |||
Metode | Oorgang | |||
Status | Gepubliseer | |||
|
Kepler-22b is ’n eksoplaneet van die klas G-ster Kepler-22.[2][3] Dit is sowat 600 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Swaan. Dit is in 2011 deur Nasa se Kepler-ruimteteleskoop ontdek en was die eerste bekende eksoplaneet wat voor sy ster verbybeweeg wat in die bewoonbare sone van ’n Sonagtige ster ontdek is.[2][3][4] Kepler-22b se radius is sowat 2,4 keer dié van die Aarde. Sy massa en samestelling is onbekend.[2][3]
Die planeet se eerste oorgang voor sy moederster is op 12 Mei 2009 gedoen, op die derde dag dat die Kepler-ruimteteleskoop in werking was.[5] Die derde oorgang is op 15 Desember 2010 waargeneem. Die bevestiging van die planeet se bestaan is op 5 Desember 2011 aangekondig.[3]
Die enigste parameters van die planeet wat tans bekend is, is sy wentelperiode, wat 290 dae is, en sy wentel-inklinasie van sowat 90°. Omdat baie eksoplanete hoogs elliptiese wentelbane het, is dit moontlik dat die planeet net tydens ’n klein deel van sy wentelbaan in die bewoonbare sone is – dan kan die temperatuurverskille dalk te groot wees vir die instandhouding van lewe.
Nog metodes van planeetopsporing, soos radiale snelheid, sal eers gebruik moet word om nog inligting in te samel voordat meer oor die planeet bekend sal wees.
Die gemiddelde afstand van Kepler-22b van sy moederster af is sowat 15% nader as die afstand tussen die Aarde en die Son,[6] maar die ster se ligsterkte is sowat 25% minder as die Son s'n.[3] Hierdie kombinasie van ’n korter gemiddelde afstand en kleiner sterligsterkte dui op ’n matige oppervlaktemperatuur, indien daar nie ’n groot kweekhuiseffek op die planeet is nie.
Wetenskaplikes raam die moontlike oppervlaktoestande soos volg: