Kevin Olusola | |
---|---|
Olusola in 2015 in Barcelona op ’n konsert van Pentatonix. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Kevin Oluwole Olusola |
Ook bekend as | KO, Meat (die een helfte van "Meat and Potatoes") |
Gebore | 5 Oktober 1988 Owensboro, Kentucky, VSA[1] |
Genres | Klassiek Pop Rock Jazz A cappella |
Beroep(e) | Beatboxer Instrumentalis Sanger |
Instrumente | Beatboxing Tjello Saksofoon Klavier Stem |
Jare aktief | 2011 tot tans |
Etikette | Madison Gate, RCA[1] |
Assosiasies | Pentatonix, Triptyq |
Kevin Olusola (geb. 5 Oktober 1988) is ’n Amerikaanse musikant, beatboxer, rapper, albumvervaardiger, sanger en liedjieskrywer. Hy is veral bekend as die beatboxer van die sanggroep Pentatonix.[2] Nadat die groep in 2011 NBC se The Sing-Off gewen het, het hulle vyf albums die lig laat sien – almal het in die topvyf van Billboard 200 beland en Pentatonix het meer as 2 miljoen albums verkoop.[3] Met meer as 13 miljoen volgelinge en 2,4 miljard besoeke is die groep se YouTube-kanaal tans een van die gewildste musiekvideokanale.[4]
Olusola beoefen ook wat as "celloboxing" beskou word (die speel van die tjello gekombineer met beatboxing).[5] Sy celloboxing-weergawe van Mark Summer se "Julie-O" het in April 2011 geweldige reaksie ontlok en gelei tot sy verbintenis met Pentatonix. Olusola het al op feeste van klassieke musiek opgetree en is deur Quincy Jones gekies om hom op die Montreux-jazzfees van 2012 te verteenwoordig op dieselfde program as Bobby McFerrin en Chick Corea.[6] Olusola praat vlot Mandaryns.[7]