Khatia Buniatishvili ხატია ბუნიათიშვილი | |
---|---|
Gebore | 21 Junie 1987 Batumi, Georgiese Sowjet Sosialistiese Republiek, Sowjetunie |
Nasionaliteit | Georgies Frans |
Beroep | Klassieke pianis |
Khatia Buniatishvili (Georgies: ხატია ბუნიათიშვილი, Georgiese uitspraak: xɑtʼiɑ buniɑtʰiʃvili; gebore 21 Junie 1987 is 'n Frans-Georgiese konsertpianis.
Khatia Buniatishvili is in 1987 in Georgië gebore en het op driejarige ouderdom onder haar moeder klavier begin studeer. Sy het haar eerste konsert saam met die Tbilisi Kamerorkes op 6-jarige leeftyd gegee, en teen die ouderdom van 10 internasionaal opgetree. Khatia het in Tbilisi onder Tengiz Amiredjibi en in Wene onder Oleg Maisenberg studeer.
Buniatishvili het in 2010 'n platekontrak geteken met Sony Classical as 'n eksklusiewe kunstenaar.[1] Haar 2011 debuutalbum sluit Liszt se Klaviersonate in B mineur, Liebestraum No. 3, en Mefisto Wals No. 1 in.[2]
In 2012 het Buniatishvili haar tweede album, Chopin,[3] vrygestel wat solo klavierwerke bevat sowel as Chopin se Klavierconcerto No. 2 in F mineur, begelei deur die Orchestre de Paris en Paavo Järvi.[4]