Kings Park-stadion

Kings Park-stadion
Lugbeeld van die Kings Park-stadon in 2013

Volle naam Hollywoodbets Kings Park
Vorige name ABSA-stadion (2000–2010)
Mr Price Kings Park (2011–2012)
Growthpoint Kings Park (2013–2018)
Jonsson Kings Park (2018–2022)
Ligging Durban
Koördinate 29°49′29.60″S 31°1′46.88″O / 29.8248889°S 31.0296889°O / -29.8248889; 31.0296889
Eienaar eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit
Kapasiteit 52 000 (rugby en sokker)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1891
Geopen 28 Junie 1958
Renovasie 1984, 1993–1995
Huurders
Natalse Haaie, Sharks, Golden Arrows en AmaZulu FC

Kings Park-stadion, ook bekend as Hollywoodbets Kings Park vir borgskapdoeleindes, is 'n stadion wat in Durban, Suid-Afrika geleë is. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou en is in die middel-1990's opgeknap. Die stadion kan 52 000 toeskouers akkomodeer en word gebruik vir beide rugby- en sokkerwedstryde. Die stadion is aangrensend aan die Moses Mabhidastadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut en 'n treinstasie.

Lugbeeld van die Kings Park-sportkompleks in 2009, links die Moses Mabhidastadion onder konstruksie en regs die Kings Park-stadion

Die stadion word tans deur die volgende spanne gebruik:

Wedstryde

[wysig | wysig bron]

Rugbywêreldbeker 1995

[wysig | wysig bron]
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
27 Mei 1995 Vlag van Argentinië Argentinië 18–24 Vlag van Engeland Engeland Groep B 30 000
31 Mei 1995 Vlag van Engeland Engeland 27–20 Vlag van Italië Italië Groep B 21 000
4 Junie 1995 Vlag van Engeland Engeland 44–22 Vlag van Samoa Samoa Groep B 20 000
10 Junie 1995 Vlag van Frankryk Frankryk 36–12 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Kwarteindstryd 18 000
17 Junie 1995 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 19–15 Vlag van Frankryk Frankryk Halfeindstryd 50 000

Afrikanasiesbeker 1996

[wysig | wysig bron]
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 Januarie 1996 Vlag van Gaboen Gaboen 1–2 Vlag van Liberië Liberië Groep C 5 000
19 Januarie 1996 Vlag van Gaboen Gaboen 2–0 Vlag van Zaïre Zaïre Groep C 6 000
24 Januarie 1996 Vlag van Angola Angola 3–3 Vlag van Kameroen Kameroen Groep A 6 000
28 Januarie 1996 Vlag van Gaboen Gaboen 1-1 (1-4 n.S.) Vlag van Tunisië Tunisië Kwarteindstryd 4 000
31 Januarie 1996 Vlag van Zambië Zambië 2–4 Vlag van Tunisië Tunisië Halfeindstryd 5 000

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]