Knoppiesboontjie | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Brassicales |
Familie: | Capparaceae |
Genus: | Maerua |
Spesie: | M. angolensis
|
Binomiale naam | |
Maerua angolensis DC., 1824
|
Die knoppiesboontjie (Maerua angolensis) is 'n boom wat voorkom in die laagliggende gedeeltes in die oostelike bosveldstreke vanaf die suide van KwaZulu-Natal tot in Noord-Afrika.[1] Die boom se FSA-nommer is 132.[2]
Die boom se stam is liggrys tot bruin en is glad. Die blare is enkelvoudig en dun met 'n blaarsteel wat byna net solank soos die blaarskyf is. Die vrugte van die boom lyk soos stringe krale.[3]
Daar is vier subspesies:[4]
Die boom is inheems aan die volgende lande: Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Jemen, Kenia, Kameroen, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sokotra, Somalië, Soedan, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.