Knoppiesdoring | |
---|---|
![]() | |
Op Kalaharisand in die Limpopovallei | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Senegalia |
Spesie: | S. nigrescens
|
Binomiale naam | |
Senegalia nigrescens (Oliv.) P.J.H.Hurter, (2008)
| |
Sinonieme | |
|
Die Knoppiesdoring (Senegalia nigrescens) is 'n boomspesie in die Fabaceae familie is. Die boom se FSA-nommer is 178.[1] In Engels staan dit bekend as die knob thorn.[2]
Die immergroen boom bereik 'n hoogte van 5 ‒ 18 m met 'n digte, uitgespreide kroon en meestal 'n lang, kaal stam.[3] Ou stamme is donkergrys van kleur en diep gegroef in die lengte. Behalwe die gebruiklike blomme en vrugte in peule, het die boom ook haakdorings in pare, redelik ver uitmekaar, wat tot 5 mm lank word. Onder die dorings vorm daar duidelike knoppe as uitgroeisels van tot 25 mm hoog op die bas.
Die boom kom voor in Limpopo, Mpumalanga en die noorde van KwaZulu-Natal. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Kameelperde vreet dikwels op die blomme en blare van hierdie boom, terwyl die saadpeule en blare deur 'n reeks soogdiere, insluitend olifante, gevreet word.[4]
'n Salf wat van die wortels gemaak word, is tradisioneel gebruik om stuiptrekkings te behandel.[5]
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Acacia nigrescens. |