| |||||
| |||||
Grondgebied van die Koninkryk van Groot-Brittanje | |||||
Hoofstad | Londen 51°30′N 0°07′W / 51.500°N 0.117°W | ||||
Taal/Tale | Engels (de facto amptelik), Kornies, Wallies (dele van Wallis), Norn, Skots en Skots-Gaelies (dele van Skotland) | ||||
Regering | Grondwetlike monargie | ||||
Monarg | |||||
- 1707–1714 | Anna | ||||
- 1714–1727 | George I | ||||
- 1727–1760 | George II | ||||
- 1760–1801 | George III | ||||
Eerste Minister | |||||
- 1721–1742 | Robert Walpole | ||||
- 1742–1743 | Spencer Compton | ||||
- 1757–1762 | Thomas Pelham-Holles | ||||
- 1766–1768 | William Pitt the Elder | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Geskiedenis | |||||
- Acts of Union 1707 | 1 Mei 1707 | ||||
- Unie met Ierland | 1 Januarie 1801 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1707 | 230 977 km2 89 181 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1707 skatting | 7 000 000 | ||||
Digtheid | 30,3 /km² 78,5 /sq mi | ||||
- 1800 skatting | 10 500 000 | ||||
Digtheid | 45,5 /km² 117,7 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Pond sterling |
Die Koninkryk van Groot-Brittanje (Engels: Kingdom of Great Britain), bekend as Groot-Brittanje, was 'n staat in Wes-Europa wat van 1707 tot 1800 bestaan het. Dit is geskep met die saamsmelting van die Koninkryk van Skotland en die Koninkryk van Engeland, onder die Acts of Union 1707, om 'n enkele koninkryk te vorm wat die hele Groot-Brittanje eiland omvat het. 'n Enkele nuwe parlement en regering gebaseer in Westminster in Londen het die nuwe koninkryk beheer. Die twee afsonderlike koninkryke van Skotland en Engeland het reeds dieselfde monarg gedeel sedert James VI, Koning van die Skotte, Koning van Engeland geword het in 1603 na die dood van Koningin Elizabeth I.
Die Koninkryk van Groot-Brittanje is vervang deur die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland in 1801 toe die Koninkryk van Ierland met die Act of Union 1800 geabsorbeer is na die onderdrukking van die Ierse Rebellie van 1798.
Die Koninkryk van Groot-Brittanje is deur 'n enkele monarg regeer, soos dit tussen 1603 en 1707 regeer is (behalwe vir die Interregnum). Anders as te vore het die enkele monarg van Die Koninkryk van Groot-Brittanje geheers met die mag van 'n enkele Kroon, Die Kroon van Groot-Brittanje, in plaas van twee aparte krone wat deur een persoon gevul is.[1] Troonopvolging is deur die Engelse Act of Settlement 1701, bepaal eerder as die Skotse alternatief, die Act of Security. Die aanemening van die Act of Settlement het vereis dat die Britse monarg 'n protestante afstammeling van Sophia van Hanover moes wees.[2] Wetgewende mag het berus by die Parlement van Groot-Brittanje wat die Parlement van Engeland] en die Parlement van Skotland vervang het.[3] Soos in die moderne Parlement van die Verenigde Koninkryk, het die Parlement van Groot-Brittanje uit drie dele bestaan: die Laerhuis (House of Commons), die Hoërhuis (House of Lords), en die Kroon in Parlement (Crown-in-Parliament). Engeland en Skotland is setels in beide die Hoërhuis en die Laerhuis toegeken. Skotland se verteenwoordiging was in beide huise laer as wat die bevolking daarvan sou aan dui aangesien verteenwoordiging op daardie stadium nie op bevolking gegrond was nie maar op belasting. Volgens die bepalings van die unie het Skotland 16 verteenwoordigende adellikes na die Hoërhuis gestuur en is 45 lede na die laerhuis verkies. Die res het van Engeland en Wallis gekom.[4]