In organiese chemie is 'n koolwaterstof 'n organiese verbinding wat uitsluitlik uit waterstof en koolstof bestaan. Daar word dikwels verkeerdelik na verbindings wat onsuiwerhede soos swael en stikstof ook bevat as koolwaterstowwe verwys. Streng gesproke is die terminologie slegs beperk tot die aromate, alkane, alkene en alkyne wat net uit koolstof en waterstof bestaan. In chemiese nywerhede word daar na koolwaterstowwe verwys as verbindings wat hoofsaaklik uit 'n raamwerk van koolstof en waterstof bestaan met ander elemente soms daaraan verbind.
Koolwaterstowwe word hoofsaaklik in ru-olie aangetref wat ontstaan het vanuit organiese materiaal wat ontbind het.[1][2]
Koolwaterstowwe word as volg deur IUPAC se nomenklatuur vir organiese chemie gedefinieer:
Koolwaterstowwe kan gasse (bv. metaan en propaan), vloeistowwe (soos heksaan en benseen), wasse of laagsmeltende vastestowwe (bv. parrafienwas en naftaleen) of polimere (bv. poliëtileen, polipropileen en polistireen) wees.
Koolwaterstowwe kan 'n wye verskeidenheid molekulêre strukture aanneem. Die struktuur kan wissel van reguit lineêre koolstofkettings met alkaan-, alkeen- of alkynverbindings. Die vermoë van koolstof om met ander koolstofatome te verbind maak ook meer komplekse verbindings moontlik soos in die geval van sikloheksaan en benseen waar sikliese- of ringverbindings voorkom.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)