Kraalnaboom | |
---|---|
Volgroeide boom in Mosambiek | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. tirucalli
|
Binomiale naam | |
Euphorbia tirucalli L., (1753)
| |
Sinonieme | |
|
Die kraalnaboom (Euphorbia tirucalli) is 'n boom wat eerder ronde as hoekige stingels het en het geen dorings nie. Hierdie spesie kan nie met ander nabome verwar word nie. Die boom se FSA-nommer is 355.[2]
In Suid-Afrika is die plant inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die boom kom veral voor in die stroomgebied van die Tugelarivier waar dit in bosveld groei. Daar word vermoed dat die plant gedurende die Ystertydperk uit Indië na Suider-Afrika gebring is. Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Angola, Botswana, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Indië, Kenia, Laccadive-eilande, Madagaskar, Malawi, Maledive, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Pakistan, Rwanda, Soedan, Somalië, Sri Lanka, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Euphorbia tirucalli. |