Kretensiese ruigtevaring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. cretica
|
Binomiale naam | |
Pteris cretica (L.) P.Beauv. (1805)
| |
Sinonieme | |
|
Die Kretensiese ruigtevaring (Pteris cretica L.) is 'n varingspesie wat in Suid-Afrika in die provinsies Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo voorkom. [1] Die plant het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika, die westelike gebied van die Indiese Oseaan, suidelik Europa en Asië tot Japan omvat. [2]
Dit het 'n wortelstok wat tot 6 mm dik kan wees. Die blare kan 510 tot 750 mm lank wees. Die vrugbare blare wat sporangia dra is langer. Die stingel is 360 tot 575 mm lank.[2]
Dit groei in ligte of diep skaduwee in diep blaarafval in immergroene woude wat volgens seisoen afwisselend nat of droog is.[2]