Die Krieketwêreldbeker 1999 (Engels: 1999 Cricket World Cup; Nederlands: Wereldkampioenschap cricket 1999) is van 14 Mei tot 20 Junie 1999 in Engeland (nominale gasheer), Ierland, Nederland, Skotland en Wallis beslis. Dit was die sewende krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vierde in Engeland. Dié land het voorheen die toernooie van 1975, 1979 en 1983 gehuisves.[3] Die toernooi is drie jaar ná die vorige krieketwêreldbekertoernooi aangebied, waarmee dit van die gewone periode van vier jaar afgewyk het.[4]
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1999 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie beste spanne van die IKK-trofee 1997 (Bangladesj, Kenia en Skotland). Tydens die Krieketwêreldbeker 1999 is 42 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die drie beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Ses gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[5]
Australië, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika en Pakistan het Nieu-Seeland geklop, voordat Australië die eindstryd op Lord’s in Londen teen Pakistan met agt paaltjies gewen en sodoende sy tweede titel ingepalm het. Australië het daarmee die eerste land geword wat die nuwe permanente krieketwêreldbekertrofee verower het; vir die vorige toernooie is verskeie trofeë oorhandig.[6] Daarbenewens het hulle ná Wes-Indië (in 1975 en 1979) die tweede krieketland geword wat die titel vir ’n tweede keer ingepalm het.[7] Die verdedigende kampioen Sri Lanka is reeds in die groepfase uitgeskakel: die eerste verdedigende kampioen in die Krieketwêreldbekergeskiedenis wat nie tot die uitklopfase deurgedring het nie. Die nasionale krieketspanne van Bangladesj en Skotland het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Interessant genoeg is die Rugbywêreldbeker 1999 op ’n soortgelyke manier deur vyf Europese lande aangebied (met Frankryk pleks van Nederland) en ook deur Australië gewen, die eerste land wat dit tot dusver vermaak het om albei wêreldbekertoernooie in dieselfde jaar te wen.
Die Krieketwêreldbeker 1999 is deur die IKR toegewys aan Engeland. Van die medegashere was Ierland, Nederland, Skotland en Wallis. Met uitsondering van die toetskrieketland Engeland was die medegashere nie regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer nie en hulle moes aan die IRK-trofee 1997 deelneem. Beide Ierland en Nederland het egter nie vir die toernooi gekwalifiseer nie.
Die volgende twaalf spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer: Australië, Engeland (nominale gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer. Bangladesj, Kenia en Skotland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 1997 gekwalifiseer.
Engeland het 37 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Ierland, Nederland en Wallis elk een en Skotland twee wedstryde aangebied het. Skotland het twee van sy Groep B-wedstryde tuis gespeel en sodoende die eerste assosiaatlid geword wat wedstryde tydens ’n wêreldbekertoernooi aangebied het. Een Groep B-wedstryd elk is in Ierland en Wallis beslis, terwyl een Groep A-wedstryd in Nederland gespeel is. Die nasionale krieketspanne van Ierland en Nederland het egter nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie.
Die Krieketwêreldbeker 1999 is oor 38 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 42 wedstryde beslis. Dit het op 14 Mei 1999 op Lord’s in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Junie met die eindstryd tussen Australië en Pakistan, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1999 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Ses, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die Krieketwêreldbeker 1999 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vyf wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe het na die Super Ses deurgedring.
In die Super Ses-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Suid-Afrika wen met 122 lopies The Oval, Londen, Engeland Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Lance Klusener (RSA)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Rahul Dravid en Sourav Ganguly (albei Ind) teken 318 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste EDI-paaltjievennootskap[10] – in dieselfde jaar oortref teen Nieu-Seeland.[11]
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Reën onderbreek die speel tussen 12:00 tot 12:37. Middagete is tot ’n lengte van 30 minute herskeduleer en is op 14:55 ingeneem, met die Nieu-Seelandse kolfbeurt wat van 15:25 tot 18:55 geskeduleer is.
Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit is die laaste keer wat Australië ’n lopiejaag tydens ’n krieketwêreldbeker verloor totdat hulle in die 2019-toernooi deur Indië geklop word.[12][13]
Hierdie fase was van die mees gesiene dele van die toernooi, aangesien Indië en Pakistan amptelik in oorlog (Kargil-konflik) was tydens hul krieketwedstryd, die eerste keer wat dit in die geskiedenis van die sport gebeur het.
Punte wat oorgedra is, is slegs toegepas op die ses spanne wat uit die groepfase van die toernooi gevorder het. Die punte was die aantal punte wat hul mede-kwalifiseerders van hul onderskeie groepe aangeteken het. Die punte wat oorgedra is, is nie een keer in die Super Ses verander nie.
Onbeslis Headingley, Leeds, Engeland Skeidsregters: Dave Orchard (RSA) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Reën het die spel onderbreek toe 36 boulbeurte van Zimbabwe se kolfbeurt geboul is. Op reserwedag was geen speel moontlik nie.
Pakistan wen met 148 lopies The Oval, Londen, Engeland Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Dave Orchard (RSA) Speler van die wedstryd: Saeed Anwar (Pak)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Saeed Anwar (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
Australië wen met vyf paaltjies Headingley, Leeds, Engeland Skeidsregters: Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) en Peter Willey (Eng) Speler van die wedstryd: Steve Waugh (Aus)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Saeed Anwar (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
Wajahatullah Wasti en Saeed Anwar teken 194 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds hoogste eerste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd – later oortref deur Sri Lanka teen Zimbabwe tydens die 2011-toernooi. Dit is ook die destyds hoogste Pakistanse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd – later oortref teen dieselfde opponent tydens die 2023-toernooi.[16]
Australië wen met agt paaltjies Lord’s, Londen, Engeland Bywoning: 30 000 Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Shane Warne (Aus)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.