Die toernooi se formaat van 2011 het onveranderd gebly en 14 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2015 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die twee beste spanne van die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–13 (Afghanistan en Ierland), asook die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 (Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate). Tydens die Krieketwêreldbeker 2015 is 49 wedstryde gespeel, waaronder 42 tydens die groepfase, en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Australië het die eindstryd op Melbourne-krieketveld in Melbourne teen Nieu-Seeland met sewe paaltjies gewen en sodoende sy vyfde titel ingepalm. Australië het ná Indië in 2011 die tweede agtereenvolgende gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het. Daarbenewens was dit die eerste eindstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee Oseaniese spanne – en van die Suidelike Halfrond – gesien het.[3] Melbourne-krieketveld het ná Lord’s in Londen die tweede krieketstadion geword wat die krieketwêreldbekereindstryd vir meer as een keer – ná die 1992-toernooi – gehuisves het.[4] Die verdedigende kampioen Indië en Suid-Afrika was die ander twee semi-finaliste. Afghanistan het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit is tot dusver die enigste krieketwêreldbeker waaraan ses Asiatiese spanne deelgeneem het.
Met sowat 1,5 miljard televisiekykers wêreldwyd was die Krieketwêreldbeker 2015 die destyds mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi.[5] Die wedstryd tussen die aartsvyande Indië en Pakistan op 15 Februarie 2015 te Adelaide-ovaal in Adelaide het sowat een miljard televisiekykers gelok.[6][7] Altesaam het 1 016 420 toeskouers die 49 wedstryde bygewoon, die naasmeeste tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi net ná die 2023-toernooi en voor die 2019-toernooi.[8]
Op 30 April 2006 het die Internasionale Krieketraad die drie krieketwêreldbekertoernooie van 2011, 2015 en 2019 toegewys. Die gemeenskaplike bod van Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka vir die Krieketwêreldbeker 2011 is met tien teenoor drie stemme bo Australië en Nieu-Seeland s’n verkies.[9][10] Vervolgens is die Krieketwêreldbeker 2015 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys, nadat Engeland slegs vir die Krieketwêreldbeker 2019 aansoek gedoen het.[11]
Die volgende 14 spanne het vir die Krieketwêreldbeker in 2015 gekwalifiseer: Australië (medegasheer), Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland (medegasheer), Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2015 gekwalifiseer. Afghanistan en Ierland het tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–13 gekwalifiseer, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014.
Saam met die tien deelnemende toetslande sou oorspronklik vier verdere deelnemende spanne tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap in 2009–14 en die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2013 kwalifiseer. Dié toernooie is egter gekanselleer, nadat die IKR besluit het om slegs die tien toetslande te laat deelneem.[12] As gevolg van die assosiaatlede se protes het die IKR in Junie 2011 sy besluit laat vaar en weer kwalifisering vir vier bykomende lande toegelaat.[13] Saam met die destydse tien toetslande het dus vier bykomende lande deelgeneem. Twee spanne het tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–2013 en nog twee spanne tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 in Nieu-Seeland gekwalifiseer.[14]
Die Krieketwêreldbeker 2015 is oor 45 dae tussen 14 verskillende spanne oor 49 wedstryde beslis. Dit het op 14 Februarie 2015 op Hagley-ovaal in Christchurch, Nieu-Seeland, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Nieu-Seeland en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne, Australië, op 29 Maart met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1996 gebruik, maar destyds het twaalf in plaas van 14 nasionale krieketspanne deelgeneem; dieselfde formaat is tydens die Krieketwêreldbeker 2011 gebruik, insluitende dieselfde aantal deelnemende lande (14).
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2015 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Elke land het ’n voorlopige span van 30 spelers gekies, wat dan tot 15 verminder is. Elke land moes teen 7 Januarie 2015 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê.[17]
Die Krieketwêreldbeker 2015 is deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 2011 gebruik is; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span van albei groepe het teen die vierde span van die ander groep en die tweede span het teen die derde span van die ander groep in die kwarteindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Die wedstryd eindig nadat James Anderson uitgeloop word net nadat James Taylor met been-voor-paaltjie van die veld gestuur is. Nadat Taylor se besluit hersien en omgekeer is, het die IKR later erken dat die bal moes dood verklaar gewees het (volgens artikel 3.6a van aanhangsel 6 van die beslissingshersieningstelsel se speelvoorwaardes), en Anderson vervolgens inkorrek uit verklaar is.[23]
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Vier spelers is gedurende Skotland se beurt vir goue nulletjies uitgeskakel, die eerste keer in die krieketwêreldbekergeskiedenis. Vyf Skotse spelers word vir nulletjies uitgeskakel, die meeste in die Skotse krieketgeskiedenis.[24]
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Tim Southee (NZ) behaal die derde beste boulsyfer (7/33) in die krieketwêreldbekergeskiedenis en die EDI-beste deur ’n Nieu-Seelander. Ná Richard Hadlee en Shane Bond word hy ook die derde Nieu-Seelandse bouler wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n krieketwêreldbekerwedstryd neem.[26][22]
Brendon McCullum (NZ) teken die vinnigste krieketwêreldbekervyftigtal ooit aan (in 18 aflewerings) en oortref sy eie rekord tydens die 2011-toernooi, dit is ook die vinnigste EDI-vyftigtal deur ’n Nieu-Seelander ooit.[26][27]
Wedstryd afgelas sonder dat ’n bal geboul is. The Gabba-krieketveld, Brisbane, Australië Bywoning: 4 271 Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Billy Bowden (NZ) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
Geen loot nie
Wedstryd om 16:42 afgelas weens swaar reën.
Dit is slegs die tweede krieketwêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.[28]
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Albei Sri Lankaanse aanvangskolwers (Lahiru Thirimanne en Tillakaratne Dilshan) word met goue nulletjies uitgeskakel. Dit is die tweede keer in die EDI-geskiedenis.[29]
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit is die eerste keer wat Skotland meer as 200 lopies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[30]
Alasdair Evans en Majid Haq teken 62 lopies om die negende paaltjie aan, die hoogste Skotse negende paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit.[30][31]
Dit is Afghanistan se eerste krieketwêreldbekeroorwinning ooit.[30]
Die Skotse kaptein Preston Mommsen is weens ’n stadige boultempo met 20% van sy wedstrydgeld beboet en die ander Skotse spelers met 10%.[32]
Tillakaratne Dilshan en Kumar Sangakkara teken 210 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste Sri Lankaanse tweede paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd[33] – later oortref teen Engeland tydens dieselfde toernooi.[34]
Kumar Sangakkara word die vierde krieketspeler wat in sy 400ste EDI-wedstryd speel.[35]
Tillakaratne Dilshan se telling van 161 nie uit nie is die hoogste individuele EDI-telling sonder ’n ses.[36]
Nieu-Seeland wen met een paaltjie Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland Bywoning: 40 053 Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Richard Illingworth (Eng) Speler van die wedstryd: Trent Boult (NZ)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Dit is Australië se laagste telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd nadat hulle eerste gekolf het.[37]
Australië verloor agt paaltjies vir slegs 26 lopies, hul ergste ineenstorting in die EDI-geskiedenis.[37]
Lahiru Thirimanne en Kumar Sangakkara teken 212 lopies om die tweede paaltjie aan, die hoogste Sri Lankaanse tweede paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit, en oortref die vorige rekord teen Bangladesj tydens dieselfde toernooi.[40][34]
Sri Lanka word die eerste span in ’n krieketwêreldbekerwedstryd wat vir ’n telling van meer as 300 lopies slegs een paaltjie verloor.[41]
Suranga Lakmal (SL) word met 30% van sy wedstrydsalaris beboet, nadat hy met sy aflewerings twee projektors in die laaste boulbeurt tref.[40]
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
David Warner (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[20]
Dawlat Zadran (Afg) word die derde bouler in krieketwêreldbekerwedstryde wat 100 lopies of meer in ’n beurt afstaan.[42][42]
Australië teken die destyds hoogste krieketwêreldbekertelling aan en oortref Indië se vorige rekord tydens die 2007-toernooi[42] – later oortref deur Suid-Afrika tydens die 2023-toernooi.[43]
Australië se oorwinning met 275 lopies is die destyds grootste in die krieketwêreldbekergeskiedenis[44] en oortref beide Indië se oorwinning oor Bermuda tydens die 2007-toernooi en Suid-Afrika se oorwinning oor Wes-Indië tydens dieselfde toernooi – later oortref teen Nederland tydens die 2023-toernooi.[45][42]
Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit is die eerste keer wat Skotland meer as 300 lopies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken en die eerste keer wat Skotland meer as 300 lopies teen ’n toetsland aanteken.[46]
Kyle Coetzer teken Skotland se eerste krieketwêreldbekerhonderdtal en die hoogste telling deur ’n assosiaatspeler in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan.[47][20]
Dit is Bangladesj se destyds hoogste suksesvolle EDI-lopiejaag – later oortref teen Wes-Indië tydens die 2019-toernooi – en die destyds naashoogste suksesvolle krieketwêreldbekerlopiejaag ná Ierland teen Engeland tydens die 2011-toernooi.[46]
Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.[47]
Nieu-Seeland wen met ses paaltjies McLeanpark, Napier, Nieu-Seeland Bywoning: 10 022 Skeidsregters: Johan Cloete en Marais Erasmus (RSA) Speler van die wedstryd: Daniel Vettori (NZ)
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Die skeidsregter Ian Gould lei sy 100ste EDI-wedstryd.[50]
Glenn Maxwell teken sy eerste EDI-honderdtal aan, die naasvinnigste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die destyds vinnigste deur ’n Australiër in ’n krieketwêreldbekerwedstryd (in 51 aflewerings)[51] – later oortref deur homself teen Nederland tydens die 2023-toernooi.[20]
Kumar Sangakkara (SL) word ná Sachin Tendulkar (Ind) die tweede speler wat 14 000 EDI-lopies aanteken en hy teken ’n rekord van drie agtereenvolgende krieketwêreldbekerhonderdtale aan.[53][54][20]
Die 688 aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref die 676 lopies tussen Engeland en Indië tydens die 2011-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Australië en Bangladesj tydens die 2019-toernooi.[55]
Australië vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[54]
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Mahmudullah word die eerste Bengaalse kolwer wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aanteken.[20][56]
Mahmudullah en Mushfiqur Rahim teken 141 lopies om die vyfde paaltjie aan, die destyds hoogste Bengaalse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd[57] – later oortref teen Wes-Indië tydens die 2019-toernooi.[34] Dit is ook Bangladesj se destyds hoogste EDI-paaltjievennootskap teen Engeland en oortref die vorige 2005-rekord – in 2017 oortref.[58]
Dit is ook Bangladesj se destyds hoogste EDI-telling teen Engeland en oortref die vorige 2010-rekord[56] – in 2016 oortref.[59]
Die Bengaalse kaptein Mashrafe Mortaza is weens ’n stadige boultempo met 40% van sy wedstrydgeld beboet; die ander Bengaalse spelers is met 20% van hul wedstrydgeld beboet.[60]
Bangladesj en Sri Lanka vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[61]
Dit is die tweede keer wat Bangladesj van die groepfase van ’n krieketwêreldbekertoernooi vorder en hul eerste verskyning in die uitklopfase.[61]
Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.[61]
Kumar Sangakkara (SL) teken ’n rekord van vier agtereenvolgende EDI-honderdtalle aan[62] – later geëwenaar deur Rohit Sharma (Ind) tydens die 2019-toernooi en Quinton de Kock (RSA) tydens die 2023-toernooi.[20]
Die paaltjiewagter Sangakkara neem 54 paaltjies, die meeste deur ’n bouler in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[62]
Angelo Mathews teken Sri Lanka se vinnigste krieketwêreldbekervyftigtal en hul naasvinnigste EDI-vyftigtal aan (in 20 aflewerings) aan.[62]
Sri Lanka teken die destyds hoogste EDI-telling teen Skotland aan en oortref Australië se vorige 2013-rekord – in 2018 oortref deur Engeland.[63]
Nieu-Seeland wen met drie paaltjies Seddonpark, Hamilton, Nieu-Seeland Bywoning: 10 347 Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Martin Guptill (NZ)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Mahmudullah word die eerste Bengaalse krieketspeler wat twee agtereenvolgende krieketwêreldbekerhonderdtalle aanteken.[64][20]
David Miller en JP Duminy teken 256 lopies om die vyfde paaltjie aan, die hoogste Suid-Afrikaanse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit en oortref die vorige rekord teen Nederland tydens die 2011-toernooi.[34][65]
Dit is Indië se eerste krieketwêreldbekeroorwinning ooit oor Suid-Afrika.[69]
Die Suid-Afrikaanse kaptein AB de Villiers is weens ’n stadige boultempo met 20% van sy wedstrydgeld beboet; die ander Suid-Afrikaanse spelers is met 10% van hul wedstrydgeld beboet.[70]
Chris Gayle word ná Brian Lara die tweede Wes-Indiese kolwer wat 9 000 EDI-lopies aanteken.[71]
Chris Gayle word die eerste kolwer wat ’n tweehonderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die eerste nie-Indiese kolwer wat ’n EDI-tweehonderdtal aanteken.[72][73]
Chris Gayle se tweehonderdtal is ook die vinnigste EDI-tweehonderdtal.[74]
Chris Gayle en Marlon Samuels (albei WI) teken 372 kopies om die tweede paaltjie aan,[34] die hoogste EDI-paaltjievennootskap ooit en oortref die vorige 1999-rekord deur Indië teen Nieu-Seeland.[76]
Chris Gayle teken met 215 lopies die destyds hoogste individuelle telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan en oortref Gary Kirsten (RSA) se vorige rekord teen die Verenigde Arabiese Emirate tydens die 1996-toernooi – later oortref deur Martin Guptill (NZ) tydens dieselfde toernooi.[77]
Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Shaiman Anwar word die eerste Emiratiese kolwer wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aanteken.[78][20]
Shaiman Anwar en Amjad Javed teken 107 lopies om die sewende paaltjie aan, die gesamentlik hoogste Emiratiese sewende paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit[78] – later geëwenaar teen Wes-Indië tydens dieselfde toernooi.[79]
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
AB de Villiers (RSA) teken die vinnigste 150 lopies in die EDI-geskiedenis (in slegs 64 aflewerings)[80] en die naasvinnigste krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[81][20] Sy 73 lopies in die laaste vyf boulbeurte is ook die meeste deur ’n kolwer in dié fase.[81]
Jason Holder (WI) staan die meeste lopies (104) deur ’n bouler in ’n krieketwêreldbekerwedstryd af en die meeste in twee agtereenvolgende EDI-beurte.[81]
Suid-Afrika se telling van 408/5 is die destyds hoogste EDI-telling in Australië en die naashoogste krieketwêreldbekertelling.[81]
Suid-Afrika se oorwinning met 257 lopies is die destyds grootste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en ewenaar Indië se rekord teen Bermuda tydens die 2007-toernooi[82] – later oortref deur Australië teen Afghanistan tydens dieselfde toernooi.[45]
Suid-Afrika wen met 201 lopies Manuka-ovaal, Canberra, Australië Bywoning: 8 831 Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Ranmore Martinesz (SL) Speler van die wedstryd: Hashim Amla (RSA)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Hashim Amla en Faf du Plessis teken 247 lopies om die tweede paaltjie aan, die hoogste Suid-Afrikaanse tweede EDI-paaltjievennootskap ooit.[34][84]
Suid-Afrika word die eerste span wat in twee agtereenvolgende EDI-kolfbeurte 400 lopies aanteken. Hul telling is ook die destyds naashoogste in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[85]
Dit is Ierland se ergste krieketwêreldbekernederlaag ooit en oortref hul vorige rekord teen dieselfde opponent tydens die 2011-toernooi.[45]
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Dit is Indië se agtste agtereenvolgende krieketwêreldbekeroorwinning, gelyk aan hul destyds langste wenreeks[87] – later oortref tydens die 2023-toernooi.
Ierland wen met vyf lopies Bellerive-ovaal, Hobart, Australië Bywoning: 4 048 Skeidsregters: Ruchira Palliyaguruge (SL) en Paul Reiffel (Aus) Speler van die wedstryd: Ed Joyce (Irl)
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit is Indië se negende agtereenvolgende krieketwêreldbekeroorwinning, gelyk aan hul destyds langste wenreeks en die naaslangste ná Australië[92] – later oortref tydens die 2023-toernooi.
Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
AB de Villiers (RSA) behaal die rekord vir die meeste sesse in een krieketwêreldbekertoernooi (20) en die meeste sesse in alle krieketwêreldbekerwedstryde (36).[93]
Suid-Afrika vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[94]
Indië wen met ses paaltjies Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland Bywoning: 30 076 Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Bruce Oxenford (Aus) Speler van die wedstryd: Suresh Raina (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Suresh Raina en MS Dhoni teken 196 lopies om die vyfde paaltjie aan, die hoogste Indiese vyfde paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit.[34][95]
Dit is Indië se hoogste suksesvolle krieketwêreldbekerlopiejaag ooit.[95][96]
Wes-Indië wen met ses paaltjies McLeanpark, Napier, Nieu-Seeland Bywoning: 1 221 Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Ranmore Martinesz (SL) Speler van die wedstryd: Jason Holder (WI)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Amjad Javed en Nasir Aziz teken 107 lopies om die sewende paaltjie aan, die gesamentlik hoogste Emiratiese sewende paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd waarmee hulle die vorige rekord teen Ierland tydens dieselfde toernooi ewenaar.[79] Dit is ook die destyds hoogste Emiratiese paaltjievennootskap teen ’n toetsland[97] en oortref die vorige 1994-rekord teen Indië – in 2019 oortref teen Zimbabwe.[98]
Sarfraz Ahmed teken sy eerste EDI-honderdtal aan en word die eerste Pakistanse paaltjiewagter wat ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[99][20]
Pakistan en Wes-Indië vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[100]
Ierland is hiermee uit die toernooi geskakel.[100]
JP Duminy (RSA) word die eerste Suid-Afrikaner – en die tweede Suid-Afrikaner in die EDI-geskiedenis – wat ’n driekuns in ’n krieketwêreldbeker neem, ná Steven Finn (Eng) die tweede tydens die 2015-toernooi, toe hy Angelo Mathews, Nuwan Kulasekara en Tharindu Kaushal (almal SL) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.[101][102]
Dit is Suid-Afrika se eerste oorwinning in die krieketwêreldbekeruitklopfase.[103]
Dit is die destyds kortste wedstryd in ’n krieketwêreldbekeruitklopfase.[104]
Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Rohit Sharma (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[20]
Dit is MS Dhoni se 100ste EDI as Indiese kaptein.[107]
Dit is ’n rekord van sewe agtereenvolgende oorwinnings waarin Indië die teenstander uitboul.[108]
Die skeidsregters het wydverspreide kritiek ná ’n paar omstrede besluitnemings deurgeloop.[109][110] Mustafa Kamal, president van die Internasionale Krieketraad, het gesê dat Bangladesj teen die besluite van die skeidsregters tydens die IKR se direksievergadering appèl sal aanteken.[111]
Mashrafe Mortaza (Ban) is vir een EDI opgeskort en vir ’n stadige boultempo met 40% van sy wedstrydgeld beboet; die ander Bengaalse spelers is met 20% van hul wedstrydgeld beboet.[109]
Wahab Riaz (Pak) is met 50% van sy wedstrydgeld en Shane Watson (Aus) met 15% van sy wedstrydgeld beboet ná ’n bekgeveg aan die einde van die 33ste boulbeurt.[113]
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Martin Guptill word die eerste Nieu-Seelandse kolwer wat ’n tweehonderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[114][20]
Martin Guptill teken ook die eerste tweehonderdtal in ’n krieketwêreldbekeruitklopwedstryd aan.[115]
Martin Guptill se telling van 237* lopies is die hoogste individuele telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit en oortref Chris Gayle (WI) se vorige rekord tydens dieselfde toernooi.[115][77]
Dit is Nieu-Seeland se destyds hoogste telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd – later oortref teen Pakistan tydens die 2023-toernooi.[116]
Tydens die wedstryd is die meeste sesse (31) in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die naasmeeste EDI-sesse aangeteken.[115]
Nieu-Seeland se telling is die destyds hoogste in ’n uitklopwedstryd – later oortref deur Indië teen Nieu-Seeland tydens die 2023-halfeindstryd.
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Steve Smith (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[20]
Australië kwalifiseer vir ’n rekord van sewe krieketwêreldbekereindstryde.[120]
Australië teken die destyds hoogste telling in ’n krieketwêreldbekerhalfeindstryd aan[120] – later oortref deur Indië teen Nieu-Seeland tydens die 2023-toernooi.
As gevolg van hierdie wedstryd kon vir die eerste keer sedert die 1987-toernooi – wat in Indie en Pakistan gehou is – geen Asiatiese span die krieketwêreldbekereindstryd haal nie.[121]
Die gehoor van 93 013 is die hoogste in die krieketgeskiedenis in Australië en oortref die vorige rekord van 91 112 tydens ’n toetswedstryd op 26 Desember 2013. Die land se vorige EDI-rekordgehoor was 87 182 tydens die 1992-eindstryd.[130]