Lekkerruikpeul | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Vachellia |
Spesie: | V. nilotica
|
Binomiale naam | |
Vachellia nilotica (L.) P.J.H.Hurter & Mabb., (2008)
| |
Verspreiding van Vachellia nilotica | |
Sinonieme | |
|
Die lekkerruikpeul (Vachellia nilotica) is 'n klein tot middelgroot boom wat wydverspreid in Suid-Afrika in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voorkom. Die dorings is dun, lank en reguit - ongeveer 4 tot 5 cm. Die blomme word in klein hofies gedra. Die peule is kenmerkend, dit word saamgetrek tussen die sade.
In Afrika is die boom inheems in Algerië, Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Kaap Verde, Kameroen, Kenia, Libië, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
In Asië en die Arabiese Skiereiland is die boom inheems in Bangladesj, die Golf State, Indië, Iran, Jemen, Mianmar, Nepal, Oman, Pakistan, Saoedi-Arabië en Sri Lanka.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Acacia nilotica. |