Lockheed L-188 Electra | |
---|---|
Tipe | Turboskroef passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Lockheed Corporation |
Nooiensvlug | 6 Desember 1957 |
Bekendstelling | 12 Januarie 1959 |
Status | Beperkte gebruik |
Hoofgebruiker | Buffalo Airways |
Vervaardig | 1957–61 |
Aantal gebou | 170 |
Weergawes | Lockheed P-3 Orion |
Die Lockheed L-188 Electra is 'n Amerikaanse turboskroef passasiersvliegtuig wat deur Lockheed gebou is. Dit is die eerste groot turboskroef passasiersvliegtuig wat in Amerika gebou is. Dit het op 6 Desember 1957 sy nooiensvlug voltooi, aanvanklik was die verkope goed maar na twee noodlottige ongelukke was daar geen bestellings meer nie.
Die raamwerk van die vliegtuig is gebruik om die Lockheed P-3 Orion te bou.