Lucky Dube | |
---|---|
Geboortenaam | Lucky Philip Dube |
Gebore | 3 Augustus 1964 Ermelo, Suid-Afrika |
Sterf | 18 Oktober 2007 Rosettenville, Johannesburg, Suid-Afrika |
Genres | Mbaqanga, reggae |
Beroep(e) | Sanger, musikant |
Etikette | Rycodisc, Gallo Record Company |
Webwerf | www.luckydubemusic.com |
Lucky Philip Dube (3 Augustus 1964 – 18 Oktober 2007) was 'n Suid-Afrikaanse reggae-musikant. Hy het oor 25 jaar 22 albums in Zulu, Engels en Afrikaans opgeneem en was Suid-Afrika se grootste reggae-verkoper.[1][2] Hy is op die aand van 18 Oktober 2007 in Rosettenville, 'n voorstad van Johannesburg, vermoor.[2][3][4]
Dube is op 3 Mei 2008 tydens die 14de Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.