Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër | |
---|---|
Gestig | 1912 |
Ontbind | 1945 |
Land | ![]() |
Onderdeel van | ![]() |
Tipe | Lugmag |
Logo | ![]() |
Spesialisasie | Lugoorlogvoering |
Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Tweede Chinees-Japannese Oorlog Tweede Wêreldoorlog |
Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër (Japannees: 帝国陸軍航空隊, Teikoku Rikugun Kōkūtai) was tot 1945 die lugmag van die destydse Japannese Leër. Die Japannese Keiserryk het geen aparte of onafhanklike lugmag gehad nie. Sowel die Japannese Keiserlike Leër as die Japannese Keiserlike Vloot het oor hul eie lugmagkomponent beskik.
Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër het hoofsaaklik taktiese lugsteun verleen. Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Vloot was verantwoordelik vir strategiese bombardemente en nasionale lugverdediging.
Die Lugmag van die Leër was onderverdeel in 5 lugleërs (koku-gun), wat elk verantwoordelik was vir 'n bepaalde streek.
In 1940 het die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër bestaan uit:
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |