Lugmagbasis Hoedspruit | |||
---|---|---|---|
Personeel werk in die beheertoring tydens ATLAS RESPONSE. (Foto op 8 Maart 2000 deur 'n VSA- militêre fotograaf geneem) | |||
IATA: HDS – ICAO: FAHS | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Militêr en siviel | ||
Operateur | Suid-Afrikaanse Lugmag | ||
Ligging | Hoedspruit, Limpopo | ||
Hoogte bo seevlak | 1742 vt / 531 m | ||
Koördinate | 24°21′17″S 31°03′01″E / 24.35472°S 31.05028°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
09/27 | 2 115 | 6 939 | Teer |
18/36 | 3 991 | 13 094 | Teer |
Lugmagbasis Hoedspruit (IATA: HDS, ICAO: FAHS) is 'n militêre lugmagbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag geleë langsaan die Krugerwildtuin. Teen die einde van die 1990's is 'n onbenutte deel van die basis omskep in 'n burgerlike lughawe, genaamd Eastgate-lughawe. Dit het ook as 'n moontlike noodlandingsplek vir die Amerikaanse ruimtependeltuig gedien, weens sy lang aanloopbaan van byna 4 kilometer.[1]
Die basis is op 1 Julie 1978 geopen as LMB Hoedspruit.[2] Dit is van die begin af ontwerp as 'n hoogs-beskermde oorlogsbasis. As sodanig, het dit gepantserde en ondergrondse loodse, met bedekte vegvliegtuie op 24-uur bystand naby aan die aanloopbane geplaas vir onmiddellike opstyg en reaksie.
Die basis wemel van wild, omring deur die 25 km² Lugmagbasis Hoedspruit Wildreservaat. Om die aanloopbaan skoon van diere te hou was 'n reuse probleem. Dus het die basis drie jagluiperds ingevoer om die vliegveld te patroleer, met die resultaat dat diere se lastigheid op die aanloopbaan met 90% afgeneem het. Nog 'n Suid-Afrikaanse Lugmagbasis, Lugmagbasis Makhado, het sedertdien ook die konsep aanvaar.
Die basis se leuse is Pro Nostrorum Pace ("Vrede vir ons inwoners").[3]
'n Burgerlike lughawe, bekend as die Eastgate-lughawe, is aan die suidelike punt van die lughawe geopen in die vroeë 1990's. Die terminaal se vernaamste gebruik is vir toeriste wat privaatwildreservate in die gebied wil besoek, sowel as vir toegang tot die Krugerwildtuin via die nabygeleë Orpenhek.[4]
South African Express het voorheen daagliks van O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, en driekeer per week na die Kaapstad Internasionale Lughawe gevlieg, maar die redery is in 2020 ontbind.[5]
Tans (2024) bedien die rederye Airlink en CemAir die lughawe direk vanaf Johannesburg en Kaapstad.[6][7]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |