Die Makkabeërs (Hebreeus: מַכַּבִּים, Makkabbīm, of מַקַבִּים, Maqabbīm; Latyn: Machabaei of Maccabaei; Grieks: Μακκαβαῖοι, Makkabaioi) was 'n groep Joodse rebellevegters wat in die Makkabese Opstand beheer oorgeneem het van Judea, wat in dié tyd deel van die Seleukidiese Ryk was.[1][2] Hulle het die Hasmonese dinastie gestig wat van 167-37 v.C. regeer het[3] en van 110-63 v.C. 'n ten volle onafhanklike koninkryk was.
Die Makkabeërs het die Joodse godsdiens hervestig, die grense van Judea deur middel van verowerings uitgebrei en die invloed van die Hellenisme verminder.