| |||||||
Gestig | 2006 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Laaste vlug | Julie 2021 | ||||||
Hoofspille | O.R. Tambo Internasionale Lughawe | ||||||
Fokusstede | Kaapstad Internasionale Lughawe | ||||||
Lojaliteitsprogram | Voyager | ||||||
Vlootgrootte | 10 (op sy hoogtepunt) | ||||||
Bestemmings | 8 | ||||||
Houermaatskappy | Suid-Afrikaanse Lugdiens | ||||||
Hoofkantoor | O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Kemptonpark, Gauteng, Suid-Afrika | ||||||
Sleutelpersone | Nic Vlok (hoof- uitvoerende beampte)[1] | ||||||
Webwerf | flymango.com |
Mango (amptelik Mango Airlines SOC Ltd) was 'n Suid-Afrikaanse laekostelugredery. Die lugredery is in 2006 as 'n filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens gestig. Hulle het hoofsaaklik binnelandse lugroetes bedien en het meegeding teen die ander plaaslike laekosterederye. Mango se basis was die O.R. Tambo-lughawe naby Johannesburg.[2]
Sedert 2013 het die redery ook Saterdae en Dinsdae na Zanzibar gevlieg, 'n eiland op die Oos-Afrikaanse kus van die Indiese Oseaan.[3]
In lyn met kostebeparingsmaatreëls van ander vergelykbare laekostelugrederye was Mango se klantediens ook gerasionaliseer en gedigitaliseer deur middel van 'n toep ('n toepassing wat op slimfone en tabletrekenaars gelaai kan word)[3] wat:
Mango is gehok as gevolg van wanbetaling en skuld aan ACSA (Airports Company of South Africa) op 28 April 2021. Geen Mango-vliegtuie mag sedert 28 April 2021 óf vertrek óf op enige ACSA-lughawe in Suid-Afrika land nie. Slegs 'n verklaring en verskoning is deur die maatskappy uitgereik. Dit is nog nie bekend of enige geld van die regering wat aan South African Airways toegestaan is (waarvan Mango 'n filiaal is) as 'n reddingsboei aan Mango toegewys sal word nie.[4]
Mango het die volgende stede bedien:[5]
Teen Augustus 2021 het Mango oor die volgende vliegtuie beskik:[6]
Vliegtuig | In vloot | Bestel | Passasiers | Notas |
---|---|---|---|---|
Boeing 737-800 | 2 | — | 186 | Voormalige South African Airways vliegtuie. |
Totaal | 2 | — |
As 'n laekostelugredery het Mango 'n uniforme vliegtuigvloot met 'n hoë sitplekdigtheid gehad. Mango het ook aanlyn-kaartjieuitreiking aangebied. 'n Standaardbespreking het nie etes en drankies ingesluit nie. Mango het 'n aanboordprogram gehad wat kos en drankies te koop aangebied het, by die passasier se sitplek.[7][8]