Marius Weyers (gebore op 3 Februarie 1945 in Johannesburg) is ’n Suid-Afrikaanse akteur.[1][2] Hy het saam met sy vrou, Yvette, op Rooiels, Wes-Kaap, gewoon waar sy op 11 Julie 2023 oorlede is nadat alzheimersiekte in 2019 by haar gediagnoseer is. Hy het internasionaal bekend geraak as Andrew Steyn in die rolprent The Gods Must Be Crazy (1980).[3] Hy het 'n toekenning as beste akteur vir sy rol in Paljas ontvang.
In 1981 ontvang Weyers die Erepenning vir Verhoogkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 2021 word Weyers weer deur die Akademie vereer met die Besondere Erepenning van die SA Akademie vir sy besondere bydrae tot rolprent- en TV-kuns.[4]
- Liebesnächte in der Taiga, 1967
- Oupa for Sale, 1968 as Kobie
- Die vervlakste tweeling, 1969 as Toni Roux/'Paul'
- Onwettige huwelik, 1970
- Stop Exchange, 1970
- Sononder, 1971
- Die bankrower, 1973
- Siener in die suburbs, 1973 as Jakes.
- Vreemde wêreld, 1974
- Ein toter Taucher nimmt kein Gold, 1974 as René Chagrin
- Ongewenste vreemdeling, 1974 as Steenberg.
- Daar kom tant alie, 1976 as Jansonius Groeneweg
- Listen to My Story, 1976
- Target of an Assassin, 1977 as kolonel Albert Pahler
- The Guest: An episode in the Life of Eugène Marais, 1977 as Dr. A.G. Visser
- The Gods Must Be Crazy, 1980 as Andrew Steyn.
- Gandhi, 1982 as dirigent
- Le léopard, 1984 as Nicolas/Nick Denver
- Torn Allegiance, 1986 as Henk (die Boere)
- Saturday Night at the Palace, 1987 as Van Vuuren
- Jewel of the Gods, 1989
- DeepStar Six, 1989 as Dr. John Van Gelder
- Farewell to the King, 1989 as Sersant Conklin.
- Happy Together 1989, as Denny Dollenbacher
- Windprints, 1990 as Henning
- The Fourth Reich, 1990 as Jan Taillard
- Taxi to Soweto, 1991 as Morace du Toit
- The Good Fascist, 1992 as van Wyk
- The Power of One, 1992 as Prof. Daniel Marais
- Friends, 1993 as Johan
- Bopha!, 1993 as Van Tonder
- The Cage, 1995 as Clouse
- Den vita lejoninnan, 1996 as Dekker
- Paljas, 1998 as Hendrik MacDonald
- Final Solution, 2001 as mnr. Wolfaardt
- Pure Blood, 2002 as generaal
- Consequence, 2003 as Dr. Alexander Kopp
- Stander, 2003 as André Stander se pa
- Charlie, 2004 as Van den Bergh
- Blood Diamond (2006) as Rudolf Van de Kaap
- Die wonderwerker, 2012 as Gys van Rooyen
- Die laaste tango, 2013 as kapt. Mauritz Duvenhage
- Faan se trein, 2014 as die dominee
- Vyfster (TV-reeks), 1984
- The Mantis Project, 1985 as Selous Scout (TV-fliek)
- Good & Evil (TV-reeks), 1991 as Ronald
- The Golden Girls (TV-series), 1992 as Derek
- Death in the Family (TV-minireeks), 1993 as Gerrit du Plessis
- Nurses (TV-reeks), 1992–1993 as Dr. Peter Pleckner / Ian Worthington
- Designing Women (TV-reeks), 1993 as Nigel
- Soutmansland (TV-reeks), 1999
- Check-in to Disaster (TV-fliek), 2001 as Johann Falkner
- Song vir Katryn (TV-reeks), 2003 as "Dad"