Martha Argerich (Spaanse uitspraak: [ˈmaɾta aɾxeˈɾitʃ]; gebore 5 Junie 1941) is 'n Argentynse klassieke konsertpianis. Sy word wyd gereken as een van die grootste pianiste van alle tye. [1][2][3][4][5]
Die herkoms van die naam Argerich is Katalaans. Sy het op die ouderdom van drie jaar die klavier begin speel. Op die ouderdom van vyf jaar het sy na haar onderwyser Vincenzo Scaramuzza getrek, wat aan haar die belangrikheid van liriese en gevoelvolle speelwerk beklemtoon het. Argerich het op die ouderdom van agt jaar in 1949 haar buiging gemaak.
Argerich het ook geleenthede waargeneem vir kort periodes van afrigting saam met Madeleine Lipatti (weduwee van Dinu Lipatti), Abbey Simon, en Nikita Magaloff.[10] In 1957 het sy op die ouderdom van sestien beide die Genève Internasionale Musiekkompetisie en die Ferruccio Busoni Internasionale Kompetisie binne drie weke van mekaar gewen. Dit was tydens laasgenoemde dat sy die groot meester Arturo Benedetti Michelangeli ontmoet het, wie sy later na sou uitreik vir lesse gedurende 'n persoonlike artistieke krisis op die ouderdom van twintig jaar, alhoewel sy slegs vier lesse saam met hom gehad het binne die bestek van 'n jaar en 'n half.[11][12] Haar grootste invloed was Friedrich Gulda, saam met wie sy vir agtien maande gestudeer het.
Argerich het tot internasionale prominensie gestyg toe sy in 1965 op die ouderdom van vier-en-twintig jaar die sewende Internasionale Chopin Klavierkompetisie in Warskou gewen het. In dieselfde jaar het sy haar buiging in die Verenigde State gemaak in die Lincoln Sentrum se "Groot Kunstenaars Reeks".
Sy het in 1960 haar eerste kommersiële opname gemaak, welke werke deur Chopin, Brahms, Ravel, Prokofiëf, en Liszt ingesluit het. Dit is met kritiese lof begroet toe dit in 1962 vrygestel is. In 1967 het sy Chopin se Polonaise, Op. 53 opgeneem.
Argerich tree op by die Kirchner Kulturele Sentrum, Julie 2015
Argerich het al dikwels in onderhoude opgemerk dat sy "eensaam" voel op die verhoog gedurende solo opvoerings.[14] Sedert die 1980s het sy selde solo opvoerings gemaak, en in stede daarvan gekonsentreer op klavierconcertos en in besonder Kamermusiek en het sy saamgewerk met instrumentaliste in Sonates.
Argerich het ook die werke van jonger pianiste bevorder, beide deur haar jaarlikse musiekfeeste en deur haar verskynings as 'n paneellid van beoordelingspanele tydens internasionale kompetisies.[15][16][17]
Argerich is die president van die Internasionale Klavierakademie te Como-meer, en voer gereeld op tydens die Luganofees.[22] Sy het ook die Argerich Musiekfees en Ontmoeting in Beppu, Japan sedert 1996 geskep en was ook Algemene Direkteur daarvan.
Argerich speel by die Kirchner Kulturele Sentrum, Julie 2015
Haar weersin van die pers en publisiteit het veroorsaak dat sy vir die grootste deel van haar loopbaan uit die kollig gebly het. Nietemin word sy wyd aangeprys as een van die beste pianiste wat die wêreld al ooit voortgebring het.[23][24][25][26]
Haar opvoering van Liszt se Klavierconcerto No. 1, gedirigeer deur Daniel Barenboim tydens Die Proms in 2016 het aanleiding gegee tot die volgende resensie in The Guardian: "Dit was 'n onvergeetlike opvoering. Argerich het haar vyf-en-sewentigste verjaardag in Junie hierdie jaar gevier, maar daardie nuus blyk nie haar vingers te bereik het nie. Haar speelwerk is steeds skitterend, so skrikwekkend presies soos dit nog altyd was; haar vermoë om gossamer-drade van melodie te draai, is so onverbiddelik as ooit. Dit was onmiskenbaar en onbeskaamd Liszt in 'n grootse gewaad, 'n bietjie oumodies en soms selfs by tye 'n bietjie vulgêr, maar in al hierdie konserte, met Daniel Barenboim en die orkes wat haar elke draai nouliks volg en voorspel, en elke klein lewering 'n skitterende oomblik van uitdrukkingsvolle refleksie, was dit heeltemal gepas."[27]
Argerich is al drie keer getroud. Haar eerste huwelik aan die Komponis-Dirigent Robert Chen ((zh) ),[28] saam met wie sy 'n dogter, die violis Lyda Chen-Argerich gehad het,[29] het in 1964 geëindig.[30]
Van 1969 tot 1973 was Argerich met die Switserse dirigent Charles Dutoit getroud, saam met wie sy 'n dogter gehad het, Annie Dutoit. Argerich maak steeds opnames met en speel steeds saam met Dutoit. In die 1970s was sy ook kortliks getroud met die pianis Stephen Kovacevich,[31] saam met wie sy 'n dogter, Stéphanie, het.[30]
In 1990 is Argerich gediagnoseer met kwaadaardige velkanker. Na behandeling het die kanker in remissie gegaan, maar daar was weer in 1995 'n opwelling gewees, wat uiteindelik gelei het tot metastasis na haar longe en limfkliere. Na eksperimentele behandeling by die John Wayne-kankerinstituut in Santa Monica wat deur onkoloog Donald Morton voorgeskryf is, het Argerich se kanker weer in remissie gegaan. Argerich het uit dankbaarheid 'n Carnegie Hall opvoering gemaak ten bate van die Instituut.[32] Van 2019 af is Argerich steeds kankervry.[33]
In 2002 het die regisseur Georges Gachot [de]Martha Argerich, Evening Conversation, 'n dokumentêre rolprent oor Argerich, vrygestel.[34]
Stéphanie Argerich Blagojevic was die direkteur van 'n dokumentêre rolprent oor Argerich se moeder genaamd, Bloody Daughter, wat gebaseer is op filmmateriaal wat sedert haar kinderdae geskiet is.[35]
↑Niel Immelman (14 April 2009). "The Guardian, 14 April 2009" (in Engels). London: Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2020. Besoek op 4 Januarie 2012.
↑"YouTube" (in Engels). YouTube. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op 21 Oktober 2013.
↑ name="About ICC">"About". Chopin International Competition. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2013. Besoek op 17 Januarie 2014.
↑ name="ASU Jury">"Jury". ASU Competition. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2014. Besoek op 17 Januarie 2014.
↑name="AR Competition">"Ninth Competition". Arthur Rubinstein Competition. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2013. Besoek op 17 Januarie 2014.
↑
In 'n 2001 artikel oor Martha Argerich vir The New Yorker, het die kritikus Alex Ross geskryf: "Argerich bring kwaliteit na vore wat selde vervat is in een persoon: sy is 'n pianis van uitsonderlike brein-gimnastiek-tipe behendigheid; sy is 'n charismatiese vrou met 'n enigmatiese reputasie; sy is 'n on-geaffekteerde interpreteerder wie se ingebore taal musiek is. Laasgenoemde mag dalk die kwaliteit wees wat haar onderskei van die res. Baie pianiste speel dubbele oktawe; baie is fotogenies. Maar min het die natuurlikheid van frasering wat hulle toelaat om die musiek in te neem eerder as om dit te interpreteer."
↑"Concerto in onore di Zubin Mehta" (in Italiaans). Presidenza della Repubblica (Italy). 24 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2020. Besoek op 8 Desember 2018.