Martin Schulz | |
Martin Schulz in 2014 | |
Voorsitter van die Sosiaal-Demokratiese Party
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 19 Maart 2017 | |
Voorafgegaan deur | Sigmar Gabriel |
---|---|
President van die Europese Parlement
| |
Ampstermyn 17 Januarie 2012 – 17 Januarie 2017 | |
Voorafgegaan deur | Jerzy Buzek |
Opgevolg deur | Antonio Tajani |
Leier van die Progressiewe Alliansie van Sosialiste en Demokrate
| |
Ampstermyn 5 Julie 2004 – 17 Januarie 2012 | |
Voorafgegaan deur | Enrique Barón Crespo |
Opgevolg deur | Hannes Swoboda |
Lid van die Europees Parlement
| |
Ampstermyn 19 Julie 1994 – 10 Februarie 2017 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 20 Desember 1955 Hehlrath, Wes-Duitsland (nou Eschweiler, Duitsland) |
Politieke party | Sosiaal-Demokratiese Party |
Eggenoot/-note | Inge Schulz |
Kind(ers) | 2 |
Handtekening |
Martin Schulz (20 Desember 1955, Hehlrath - ) is 'n Duitse politikus. Hy is die leier van die SPD (Sosiaal-Demokratiese Party) en 'n kanselierskandidaat in die verkiesings van 2017. Hy het twee termyne as president van die Europese Parlement gedien.[1]
Martin Schulz word in 1986 die jongste burgemeester van Noordryn-Wesfale en word in 1994 lid van die Europese Parlement. Hy raak bekend deurdat hy verklaar dat die Italiaanse eerste minister 'n belangekonflik het omdat hy ook 'n sake-eienaar in die mediabedryf is. Berlusconi verklaar dat Schulz in 'n fliek die rol van 'n konsentrasiekampleier sou kon vervul. In 2012 word Schulz president van die parlement en staan in dié amp tot 2017 wanneer hy vervang word deur Tajani, wat ironies genoeg uit Berlusconi se party kom. Hy is 'n baie sterk voorstander van die uitbreiding van die parlement se bevoegdhede en werk saam met die president van die Kommissie, Jean-Claude Juncker, en dié van die Europese Raad, Donald Tusk.[2] Hierdie drietal is verantwoordelik vir die "geen onderhandelings sonder kennisgewing"-politiek wat die EU se antwoord is op die Brexit-referendum in die Verenigde Koninkryk in Junie 2016.[3]
Ná sy aftrede as president van die Europese Parlement keer hy terug na die nasionale politiek van Duitsland. Dit is 'n ongewone ontwikkeling. Gewoonlik gaan nasionale politici na Brussel en nie andersom nie. Hy word verkies tot leier van die SPD en opponent van Angela Merkel in die verkiesings van 2017.[4]