Mauritius-nooientjie | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. pelicieri
|
Binomiale naam | |
Stegastes pelicieri Allen & Emery, 1985
|
Die Mauritius-nooientjie (Stegastes pelicieri) is 'n vis wat voorkom rondom Mauritius, Réunion en langs die kus van noord KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Mauritian gregory.
Die vis word tot 14 cm lank met 'n donkerbruin tot swart kleur. Elke skub se rant is swart en daar is blou kolle aan die boonste helfte van die lyf en dorsalevin. Die agterste lob van die dorsalevin en die lobbe van die stertvin is geel. Hulle leef in vlak koraalriwwe in water wat 2 tot 20 m diep is. Die vis is alleenlopend en territoriaal van aard. Hulle bly naby skeure en gate in die riwwe en vreet alge.
Die vis is seldsaam.