Messier 105 | ||||
![]() | ||||
Messier 105 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/ESA) | ||||
Soort stelsel | Elliptiese sterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Leeu | |||
Tipe | E1 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 10h 47m 49,6s | |||
Deklinasie | +12º 34' 54" | |||
Skynmagnitude | 10,2 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 32 miljoen | |||
Skynbare grootte | 5,4 × 4,8 boogminute | |||
Rooiverskuiwing | 911 ± 2 km/s | |||
Ander name | NGC 3379, UGC 5902, PGC 32256 | |||
|
Messier 105 of M105 (ook bekend as NGC 3379) is ’n elliptiese sterrestelsel in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek, net ’n paar dae ná die nabygeleë sterrestelsels Messier 95 en Messier 96.[1]
Dit is een van die voorwerpe wat nie oorspronklik in Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem is nie. Dit is eers bygevoeg nadat Helen S. Hogg ’n brief van Méchain ontdek het waarin hy M105 beskryf en nadat die voorwerp geëien is as ’n sterrestelsel wat toe bekend was as NGC 3379.[1]
M105 het ’n supermassiewe swartkolk in sy kern.
M105 is een van verskeie sterrestelsels in die M96-groep, ’n sterrestelselswerm in die Leeu. M95 en M96 behoort ook tot die groep.[2][3][4][5]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)