Die ster se Bayer-naam is "Beta Carinae". Sy historiese naam, "Miaplacidus" is in 1856 vir die eerste keer op sterkaarte gebruik. Die oorsprong van die naam was dekades lank onbekend totdat William Higgins, ’n groot kenner van stername, afgelei het dit kom van die Arabiese مياه, miyāh, "waters", en die Latynseplacidus, "kalm". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[10] die naam "Miaplacidus" vir die ster goedgekeur.[11]
Miaplacidus se sterreklassifikasie is A1 III,[1] wat beteken dit is ’n geëvolueerdereusester – hoewel Malagnini en Morossi (1990) dit geklassifiseer het as A2 IV, dus ’n subreus.[6] Dit is sowat 260 miljoen jaar oud.[7] Sy massa is sowat 3,5 keer dié van die Son en dit het uitgesit tot amper sewe keer die Son se radius.[6] Sy ligsterkte is tans 288 keer die Son s'n[6] vanweë sy effektiewe temperatuur van 8 866 K.[1] Die ster roteer vinnig, teen sowat 146 km/s.[8]
↑ 1,01,11,21,31,4Gray, R. O. et al. (Julie 2006), "Contributions to the Nearby Stars (NStars) Project: spectroscopy of stars earlier than M0 within 40 pc-The Southern Sample", The Astronomical Journal132 (1): 161–170, doi:10.1086/504637, Bibcode: 2006AJ....132..161G
↑Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:2002yCat.2237....0D.
↑ 5,05,1Johnson, H. L. et al. (1966), "UBVRIJKL photometry of the bright stars", Communications of the Lunar and Planetary Laboratory4 (99): 99, Bibcode: 1966CoLPL...4...99J
↑ 6,06,16,26,36,46,56,6Malagnini, M. L.; Morossi, C. (November 1990), "Accurate absolute luminosities, effective temperatures, radii, masses and surface gravities for a selected sample of field stars", Astronomy and Astrophysics Supplement Series85 (3): 1015–1019, Bibcode: 1990A&AS...85.1015M