Michael Portillo | |
Skadukanselier van die Skatkis
| |
Ampstermyn 1 Februarie 2000 – 18 September 2001 | |
Monarg | Elizabeth II |
---|---|
Voorafgegaan deur | Francis Maude |
Opgevolg deur | Michael Howard |
Staatssekretaris van Verdediging
| |
Ampstermyn 5 Julie 1995 – 2 Mei 1997 | |
Monarg | Elizabeth II |
Eerste minister | John Major |
Voorafgegaan deur | Malcolm Rifkind |
Opgevolg deur | George Robertson |
Staatssekretaris van Mannekrag
| |
Ampstermyn 20 Julie 1994 – 5 Julie 1995 | |
Voorafgegaan deur | David Hunt |
Opgevolg deur | Gillian Shephard |
Hoofsekretaris van die Skatkis
| |
Ampstermyn 11 April 1992 – 20 Junie 1994 | |
Eerste minister | John Major |
Voorafgegaan deur | David Mellor |
Opgevolg deur | Jonathan Aitken |
Parlementslid vir Kensington and Chelsea
| |
Ampstermyn 25 November 1999 – 5 Mei 2005 | |
Voorafgegaan deur | Alan Clark |
Opgevolg deur | Malcolm Rifkind |
Parlementslid vir Enfield Southgate
| |
Ampstermyn 13 Desember 1984 – 1 Mei 1997 | |
Voorafgegaan deur | Anthony Berry |
Opgevolg deur | Stephen Twigg |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 26 Mei 1953 Bushey, Hertfordshire, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Geen (simpatiseer met die Konserwatiewe Party) |
Eggenoot/-note | Carolyn Eadie |
Alma mater | Peterhouse, Cambridge |
Michael Denzil Xavier Portillo (* 26 Mei 1953) is 'n Britse joernalis, radio- en televisie-omroeper en vroeëre konserwatiewe politikus en kabinetminister. Hy is vir die eerste keer in 1984 in 'n byverkiesing tot lid van die Britse Laerhuis verkies. Portillo, 'n groot bewonderaar van Margaret Thatcher en Euroskeptikus, het as junior minister onder Thatcher en John Major gedien voordat hy in 1992 self 'n kabinetslid geword het.
Gedurende die verkiesingsveldtog vir die Konserwatiewe Partyleierskap in 1995 is Portillo as 'n moontlike uitdager vir John Major beskou, maar het uiteindelik lojaal gebly. As minister van verdediging het hy druk uitgeoefen om Thatcher se regeringsbeleid van "klaar blou water" te volg - dit wil sê 'n suiwer konserwatiewe koers. Portillo het sy Enfield Southgate-setel in die algemene verkiesing van 1997 onverwags verloor.[1] Politieke kommentatore het aangeneem dat hy destyds kanse gehad het om as Konserwatiewe Partyleier verkies te word.
As wenner van die byverkiesing in Kensington en Chelsea het Portillo in 1999 na die Laerhuis teruggekeer en as skadukanselier van die Skatkis ook weer 'n plek op die opposisie-voorbank ingeneem, ondanks sy gespanne houding met die konserwatiewe partyleier William Hague. As kandidaat vir die partyleierskap is hy in 2001 naelskraap deur Iain Duncan Smith en Kenneth Clarke geklop om die derde plek in te neem. Met die algemene verkiesing van 2005 het Portillo uit die Laerhuis bedank en skenk sedertdien aandag aan sy mediabelange. Hy bied 'n verskeidenheid televisie- en radioprogramme aan.