Microraptor | |
---|---|
'n Fossielspesimen, met wit pyle wat na bewaarde vere wys. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klade: | Dinosauria |
Klade: | Saurischia |
Klade: | Theropoda |
Familie: | †Dromaeosauridae |
Klade: | †Microraptoria |
Genus: | †Microraptor Xu et al., 2000 |
Tipespesie | |
†Microraptor zhaoianus Xu et al., 2000
| |
Ander spesies | |
| |
Sinonieme | |
|
Microraptor (van die Griekse μικρός mīkros, "klein", en Latynse raptor, "gryper") is 'n genus klein, viervlerkige dromeosouride ('n soort dinosourus). Verskeie goed bewaarde fossiele spesimens is in Liaoning, China, ontdek. Hulle dateer van die vroeë Krytperiode, 125 miljoen tot 120 miljoen jaar gelede.
Drie spesies is benoem (M. zhaoianus, M. gui en M. hanqingi), hoewel verdere studie aangedui het hulle behoort tot 'n enkele spesie, wat M. zhaoianus genoem word. Cryptovolans, wat aanvanklik as 'n ander viervlerkige dinosourus beskou is, word nou gewoonlik as 'n sinoniem vir Microraptor beskou.[2]
Nes Archaeopteryx, verskaf goed bewaarde spesimens van Microraptor belangrike bewyse van die evolusionêre verwantskap tussen voëls en vroeëre dinosourusse. Microraptor het lang dekvere gehad wat aërodinamiese oppervlakke aan die arms, bene en stert geskep het. Dit het daartoe gelei dat die paleontoloog Xu Xing die eerste spesimen met dié eienskap in 2003 as 'n "viervlerkige dinosourus" beskryf het. Hy het gespekuleer dat dit kon sweef deur al vier ledemate te gebruik. Daaropvolgende studies het daarop gedui dat Microraptor dalk ook tot kragvlug in staat was.
Microraptor was van die volopste dinosourusse in sy ekostelsel wat nie tot Avialae behoort het nie, en die genus word deur meer fossiele verteenwoorig as enige ander lid van Dromaeosauridae, met moontlik meer as 300 spesimens in verskeie museumversamelings.[3]