Mingerhout | |
---|---|
groeiwyse in Zimbabwe | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Rubiaceae |
Genus: | Breonadia |
Spesie: | B. salicina
|
Binomiale naam | |
Breonadia salicina | |
Sinonieme | |
|
Die Mingerhout (Breonadia salicina) is 'n immergroen boom in die katjiepiering-familie, Rubiaceae. Dit is die enigste spesie in die genus Breonadia is dus 'n monotipiese takson. Die boom kom in tropiese en suidelike dele van Afrika in die volgende lande voor: Angola, Benin, Burkina Faso, Eswatini, Ethiopië, Ghana, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Saoedi-Arabië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Zambië en Zimbabwe.
In Suid-Afrika kom dit in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor. Daar is ook 'n afgesonderde populasie langs die Limpoporivier wes van Musina. Dit is 'n beskermde boom in Suid-Afrika.[1] Ander inheemse name is: Matumi in Engels, Mohlomê in Sotho, Mutu-lume in Venda en Umfomfo in Zoeloe.
Die boom kom soms in stande voor en groei net langs standhoudende riviere. Die blare is in kranse van drie tot vier gerangskik, is ellipties, glansend donkergroen en min of meer regop. Die boom lyk baie soos die Kinaboom, maar hulle kom nie in dieselfde habitat voor nie.
Die boom se FSA-nommer is 684.[2]