Mirach

Beta Andromedae
Mirach se ligging (in die rooi sirkel).
Mirach se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Andromeda
Bayer-naam β Andromedae
Spektraaltipe M0 III[1]
Soort Reusester
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 09m 43.92388s[2]
Deklinasie +35° 37′ 14.0075″[2]
Skynmagnitude (m) 2,05[3] (2,01 tot 2,1)[4]
Absolute magnitude (M) –1,76[5]
B-V-kleurindeks  +1,57[3]
U-B-kleurindeks  +1,96[3]
Besonderhede
Massa (M) 3–4[6]
Radius (R) 100[7]
Ligsterkte (L) 1 995[7]
Temperatuur (K) 3 842[8]
Eienskappe
Veranderlikheid Halfreëlmatig
Ander name
Mirach, Merach, Mirac, Mizar, β And, Beta Andromedae, Beta And, 43 Andromedae, 43 And, BD+34°198, FK5 42, GJ 53.3, HD 6860, HIP 5447, HR 337, LTT 10420, NLTT 3848, SAO 54471, WDS 01097+3537A.
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Mirach (ook bekend as Beta Andromedae of β And) is ’n prominente ster 197 ligjare van die Son af[2] in die noordelike sterrebeeld Andromeda. Dit lê noordoos van die Groot Vierkant van Pegasus. Dit word algemeen deur sterrekykers gebruik om die Andromeda-sterrebeeld te vind. Die sterrestelsel NGC 404, ook bekend as Mirach se Spook, kan sewe boogminute van daar af gesien word.[9]

Die ster het ’n gemiddelde skynbare magnitude van 2,05, wat dit die helderste ster in die sterrebeeld maak. Die magnitude wissel egter effens tussen 2,01 en 2,1.[4] Die skynbare magnitude word met 0,06 verminder deur gas en stof tussen die Aarde en die ster.[10]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Beta Andromedae is ’n rooireus met ’n sterreklassifikasie van M0 III.[1] Sedert 1943 dien die ster se spektrum as een van die stabiele verwysingspunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[11] Daar word vermoed dit is ’n halfreëlmatige veranderlike, waarvan die skynbare magnitude tussen 2,01 en 2,1 wissel.[4] In hierdie stadium van die ster se evolusie het dit uitgesit tot omtrent 100 keer die grootte van die Son.[7] Sy ligsterkte is 1 995 keer dié van die Son en sy oppervlaktemperatuur 3 842 K.[8]

Die ster se Bayer-naam is "Beta Andromedae" en sy Flamsteed-naam "43 Andromedae". Die tradisionele naam is "Mirach", met verskeie variasies soos Mirac, Mirar, Mirath, Mirak, ens. Dit kom van die Arabiese مئزر mīzar, "gordel", en verwys na die ster se posisie aan die linkerheup van prinses Andromeda.[12]

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Mirach" vir die ster goedgekeur.[13]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Morgan, W. W.; Keenan, P. C. (1973), "Spectral Classification", Annual Review of Astronomy and Astrophysics 11 (1): 29, doi:10.1146/annurev.aa.11.090173.000333, Bibcode1973ARA&A..11...29M 
  2. 2,0 2,1 2,2 Van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode2007A&A...474..653V 
  3. 3,0 3,1 3,2 Johnson, H. L. et al. (1966), "UBVRIJKL photometry of the bright stars", Communications of the Lunar and Planetary Laboratory 4 (99), Bibcode1966CoLPL...4...99J 
  4. 4,0 4,1 4,2 NSV 414, database entry, table of suspected variable stars, Combined General Catalog of Variable Stars (GCVS4.2, 2004 red.), N.N. Samus, O.V. Durlevich, et al., CDS ID II/250.
  5. Elgarøy, Øystein; Engvold, Oddbjørn; Lund, Niels (March 1999), "The Wilson-Bappu effect of the MgII K line - dependence on stellar temperature, activity and metallicity", Astronomy and Astrophysics 343: 222–228, Bibcode1999A&A...343..222E 
  6. Mirach Geargiveer 16 Desember 2008 op Wayback Machine, Stars, Jim Kaler. Accessed on line August 13, 2008.
  7. 7,0 7,1 7,2 Massarotti, Alessandro et al. (January 2008), "Rotational and Radial Velocities for a Sample of 761 HIPPARCOS Giants and the Role of Binarity", The Astronomical Journal 135 (1): 209–231, doi:10.1088/0004-6256/135/1/209, Bibcode2008AJ....135..209M 
  8. 8,0 8,1 Soubiran, C. et al. (2008), "Vertical distribution of Galactic disk stars. IV. AMR and AVR from clump giants", Astronomy and Astrophysics 480 (1): 91–101, doi:10.1051/0004-6361:20078788, Bibcode2008A&A...480...91S 
  9. Darling, David, "Mirach's Ghost (NGC 404)", The Internet Encyclopedia of Science, http://www.daviddarling.info/encyclopedia/M/Mirachs_Ghost.html, besoek op 2008-08-15 
  10. Famaey, B. et al. (Januarie 2005), "Local kinematics of K and M giants from CORAVEL/Hipparcos/Tycho-2 data. Revisiting the concept of superclusters", Astronomy and Astrophysics 430 (1): 165–186, doi:10.1051/0004-6361:20041272, Bibcode2005A&A...430..165F 
  11. Garrison, R. F. (December 1993), "Anchor Points for the MK System of Spectral Classification", Bulletin of the American Astronomical Society 25: 1319, Bibcode1993AAS...183.1710G, archived from the original on 2019-06-25, https://web.archive.org/web/20190625094716/http://www.astro.utoronto.ca/~garrison/mkstds.html, besoek op 2012-02-04 
  12. Mirach, MSN Encarta. Besoek op 19 Augustus 2008. Geargiveer 2009-10-31.
  13. "Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1" (PDF). Besoek op 28 Julie 2016.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]