Mischa Maiski(Miša Maiskis, Letties) | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 10 Januarie 1948 Riga, Lettiese Sowjet-Sosialistiese Republiek, USSR |
Genres | Klassiek |
Instrumente | Tjello |
Etikette | DG |
Mischa Maiski (Letties:Miša Maiskis, Hebreeus:מישה מייסקי; gebore op 10 Januarie 1948) is 'n Sowjet-gebore Israeli tjellis.
Mischa Maiski is in 1948 in Riga gebore,[1] en is die jonger broer van die orrelis, klavesimbelspeler en musikoloog Waleri Maiski (1942–1981).
Hy is vanaf 1966 tot 1970 by die Moskouse Konservatoria deur Mstislav Rostropovich onderrig. In 1966 het hy sesde-prys tydens die Internasionale Tsjaikofski-kompetisie in Moskou gewen.[1][2] Hy is in 1970 gearresteer en het agtien maande in 'n arbeiderskamp deurgebring. Hy is in 1972 na Israel gerepatrieer [3] en is 'n burger van die land. Hy het saam met Gregor Piatigorski in Los Angeles gestudeer.[3] Maiski woon tans in België.
Maisky het reeds saam met verskeie kunstenaars gewerk, insluitende die pianiste Martha Argerich, Khatia Buniatishvili, Radu Lupu, Nelson Freire, Peter Serkin, Evgeny Kissin, Lang Lang en Sergio Tiempo; die violiste Gidon Kremer, Itzhak Perlman, Wadim Repin, Maxim Vengerov, Joshua Bell, Julian Rachlin en Janine Jansen; en die dirigente Leonard Bernstein, Zubin Mehta, Giulini, Lorin Maazel, Riccardo Muti, Giuseppe Sinopoli, Yuri Temirkanov, Vladimir Ashkenazy, Daniel Barenboim, James Levine, Charles Dutoit, Mariss Jansons, Waleri Gergijef en Gustavo Dudamel.
Maiski het die eerste keer in 1973 in die Verenigde State by die Carnegie Hall opgetree.[3] In 1976 het hy sy eerste uitvoering in Londen gemaak en die volgende jaar saam met Radu Lupu opgetree.[4] Hy het in 1995 na Rusland teruggekeer om opnames saam met die Russiese Nasionale Simfonieorkes onder leiding van Mikhail Pletnev te maak.[3][5]
Maiski het al saam met sy kinders, naamlik; Sascha, 'n violis, en Lily Maiski, 'n klassieke pianis; uitvoerings gegee.[6]
Maiski se opnames sluit in:[7]
Maiski se speelwerk het al heelwat kontroversie uitgelok. Daarvolgens kritiseer 'n deel van die publiek die uitgebreide en dikwels oorywerige gebruik van vibrato en die kras, harde klanke wat hy voortbring.[8] 'n Ander deel voel weer dat Maiski hierdeur 'n romantiese kwaliteit aan sy speelwerk behou - selfs wanneer hy barokmusiek interpreteer - wat nie in enige ander spelers gevind kan word nie. 'n Resensie deur die BBC Magazine skrywer Jan Smaczny het soos volg daaruitgesien; "Maiski se uitvoering van hierdie werke kan skaars verbeter word. Strauss se sonate beskik oor enorme hoeveelhede jeugdige élan, en die rangskikkings vir tjello en orkes en "Morgen" is pragtig" (Morgen! Opus 27, Number 4. 1894, Strauss).[9]