Moerasvy | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | Ficeae |
Genus: | |
Spesie: | F trichopoda
|
Binomiale naam | |
Ficus trichopoda Baker, (1883)
| |
Sinonieme | |
|
Die moerasvy (Ficus trichopoda) is 'n boom wat voorkom in die kus- en moeraswoude in noordelike KwaZulu-Natal waar dit soms op steltwortels staan wat uit die hooftakke groei. Die vye word tot 2.5 cm in deursnee en word in pare in die blaaroksels gedra. Die blare is groot – 15 x 12 cm – en helder blinkgroen met byna wit are. Die boom se FSA-nommer is 54.[1]
Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Benin, Burkina Faso, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Madagaskar, Malawi, Mali, Mosambiek, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda en Zambië.