![]() Vlag |
![]() Wapen |
![]() | |
Oppervlak | 76 495 vk km[1] |
Bevolking (2011)[1] | 4 039 939 |
Bevolking (2017 skat) | 4 440 000 |
Bevolkingsdigtheid | 53 / vk km |
Tale[1] | Swazi (27,7%), Zoeloe (24,1%), Tsonga (10,4%), Suid-Ndebele (10,1%), Noord-Sotho (9,3%), Afrikaans (7,2%) |
Etniese verdeling[1] | Swart mense (90,7%), Wit mense (7,5%), Bruin mense (0,9%), Asiërs (0,7%) |
Hoofstad | Nelspruit (Mbombela) |
Premier | Mandla Ndlovu (ANC) |
Mpumalanga is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Nelspruit (sedert 2009 ook bekend as Mbombela). Mpumalanga, wat "die plek waar die son opkom" beteken, was vroeër bekend as Oos-Transvaal. Behalwe dat dié provinsie uit 'n deel van die ou provinsie Transvaal gekerf is, is dit ook saamgestel uit dele van vier gewese Bantoestans (tuislande): KaNgwane, KwaNdebele, Gazankulu en Lebowa.
Geen meerderheidstaal
Aan Mpumalanga se oostekant lê Mosambiek en eSwatini, terwyl die provinsie Gauteng aan die westekant lê. Na die suide is die provinsies Vrystaat en KwaZulu-Natal. Die westelike deel van Mpumalanga lê op die Hoëveld, 'n plato wat oor 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland strek. Die Drakensbergreeks verrys in die noordooste van die provinsie. In die ooste daal die land plotseling na die sogenaamde Laeveld met sy subtropiese plantegroei.
Hout, steenkool, vervaardiging, landbou en toerisme is alles deel van Mpumalanga se geskakeerde ekonomie. Die provinsie sorg vir sowat 85% van Suid-Afrika se steenkool, terwyl Witbank die grootste steenkoolprodusent in Afrika is. Die grootste kragsentrales word hier aangetref. Papier en vlekvrye staal word ook vervaardig. Daar is 'n groot papiermeule by Ngodwana, terwyl Middelburg staal en vanadium produseer. Onder die vernaamste landbouprodukte is mielies, suikerriet en sitrusvrugte, en skaap- en suiwelboerdery word ook beoefen. Benewens steenkool word minerale soos mangaan, goud en yster ontgin. Die provinsie is 'n baie gewilde toeristebestemming: die Krugerwildtuin en omliggende reservate lok 'n menigte besoekers, ook vanuit die buiteland.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Mpumalanga. |
Provinsies van Suid-Afrika | ![]() |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |