Mu isamaa, mu õnn ja rõõm, opgevoer deur die Amerikaanse Vloot se musiekgroepTeks van die Estiese volkslied
Mu isamaa, mu õnn ja rõõm (Esties: [mu ˈisɑmɑː mu ˈɤnʲː jɑ ˈrɤːm]; letterlik: "My vaderland, my trots en vreugde") word in 1920 en 1990 gekies as die volkslied van die Republiek Estland. Die teks is geskryf deur Johann Voldemar Jannsen, op 'n melodie uit 1848 van Friedrich Pacius. Dieselfde melodie word ook gebruik vir die volkslied van Finland (Maamme). Die lied word vir die eerste keer gespeel op 'n Estse fees in 1869. Tussen 1945 en 1991, tydens die oorheersing deur die Sowjetunie, het Estland Eesti NSV hümn as volkslied gebruik.
As die aksente op die titel weggelaat word ("Mu isamaa, mu õnn ja rõõm"), soos dikwels in Wes-Europese lande gebeur, verander die betekenis van die titel na "My vaderland, my klein hut en kruip".
My vaderland, my geluk en vreugde,
Hoe mooi is u,
So iets sal ek nooit vind,
Op die oppervlak van hierdie wye wêreld,
Wat so dierbaar vir my is,
As u, my vaderland!
U het my gebaar,
U voed my op,
En ek sal u ewig dankbaar wees,
En u tot my dood trou wees,
My allergeliefste,
My dierbare vaderland!
Mag God u behoed,
My dierbare vaderland!
Laat Hy u beskermer wees,
En die skenker van oorvloedige seëninge,
By alles wat u onderneem,
My dierbare vaderland!