Muhammadu Buhari | |
President van Nigerië
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 29 Mei 2015 | |
Vise | Yemi Osinbajo |
---|---|
Voorafgegaan deur | Goodluck Jonathan |
7de Staatshoof van Nigerië
| |
Ampstermyn 31 Desember 1983 – 27 Augustus 1985 | |
Voorafgegaan deur | Shehu Shagari (as president van Nigerië) |
Opgevolg deur | Ibrahim Babangida (as militêre staatshoof) |
Voorsitter die Nigeriese Nasionale Petroleum Korporasie
| |
Ampstermyn Junie 1978 – Julie 1978 | |
Voorafgegaan deur | Shehu Shagari |
Opgevolg deur | Ibrahim Badamasi Babangida |
Goewerneur van die Noordoostelike staat van Nigerië
| |
Ampstermyn Augustus 1975 – Maart 1976 | |
Voorafgegaan deur | Musa Usman |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Federale Kommissaris vir Petroleum en Natuurlike Hulpbronne
| |
Ampstermyn Maart 1976 – Junie 1978 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 17 Desember 1942 Daura, Katsina, Nigerië[1][2] |
Politieke party | All Progressives Congress |
Eggenoot/-note | Safinatu Yusuf (1971–88) Aisha Halilu (1989–hede) |
Kind(ers) | Zulaihat, Fatima, Musa, Hadiza, Safinatu, Aisha, Halima, Yusuf, Zarah, Amina |
Alma mater | Nigeriese Verdedigings-akademie Mons Officer Cadet School United States Army War College[3] |
Religie | Islam |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Nigerië |
Diens/Tak | Nigeriese weermag |
Jare in diens | 1962–1985 |
Rang | Generaal-majoor |
Muhammadu Buhari (* 17 Desember 1942) is die voormalige leier van Nigerië se CPC. Hy is die president van Nigerië en het op 29 Mei 2015 die opvolger van Goodluck Jonathan geword.[4] Buhari is 'n afgetrede Generaal-majoor van die Nigeriese weermag wat tussen 1983 en 1985 ná 'n militêre staatsgreep vanaf 1983 tot 1985 as staatshoof van Nigerië gedien het.[5][6] Die term Buharisme word toegeskryf aan die militêre regering onder Buhari.[7][8]
Buhari het onsuksesvol vir die amp van president in die verkiesings van 2003, 2007 en 2011 aangetree. In Desember 2014 is hy benoem as die All Progressives Congress se presidentskandidaat vir die verkiesings in Maart 2015. Buhari het die algemene verkiesing in 2015 gewen en die huidige president Goodluck Jonathan verslaan. Buhari is 'n boorling van Daura in Katsina; hy is van Fulani-etniese agtergrond.[1][2]
Buhari het verklaar dat hy vir alles verantwoordelik is wat tydens sy militêre bewind gebeur het en gesê dat hy nie die verlede kan verander nie. Hy beskryf homself ook as 'n "bekeerde demokraat".