Munster | ||||
Unie | Ierse Rugbyvoetbalunie | |||
Bynaam(e) | Die Rooi Leër | |||
Embleem | Takbok | |||
Stigting | 1879 | |||
Stadion | Thomond Park, Limerick Musgrave Park, Cork | |||
Kapasiteit | 25 600 9 500 | |||
Afrigter(s) | Peter Malone | |||
Kaptein(s) | Peter O’Mahony | |||
Liga(s) | Guiness Pro14 | |||
2017-’18 | 4de | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 268 Donncha O’Callaghan | |||
Meeste punte | 2 625 Ronan O’Gara | |||
Meeste drieë | 53 Simon Zebo | |||
Amptelike webwerf | ||||
www.munsterrugby.ie |
Munster Rugby ((ga) Rugbaí Mumhan) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Munster-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Munster.
Munster se tuiswedstryde word op Thomond Park in Limerick en Irish Independent Park in Cork gespeel en daar is plek vir onderskeidelik 25 600 en 9 500 toeskouers. Die span se leuse is “Niks is onmoontlik vir die dapper en getroues nie”. Dit is afgelei van die leuse van die MacCarth-clan van Ierland se leuse – “Forti et Fideli nihil difficile”.
Munster is amptelik in 1879, op dieselfde tyd as Leinster en Ulster gestig, met Connacht wat tien jaar later, in 1889, gestig is. Die eerste interprovinsiale wedstryde tussen Leinster, Ulster en Munster is egter reeds in 1875 gehou. Die stigting van die Munstertak van die IRVU was bedoel om toesig te hou oor die spel in die provinsie dit te organiseer, en om enige klubvooroordeel te voorkom deur neutrale kiesers vir die verteenwoordigende span te verskaf. In die amateurera het die vier Ierse provinsies om die Ierse Interprovinsiale Kampioenskap meegeding en teen internasionale toerspanne gespeel.
Munster het tradisioneel sterk spelers vanuit die klubs in Limerick, waar die spel gewild was en oor alle ouderdomsvlakke gespeel is, gekry. Spanne soos Shannon, Garryowen en Jong Munster het vurige wedywering met mekaar gehandhaaf en sodoende gehelp om die standaard in die provinsie te lig.[1][2]
Die Drie Krone-vlag van Munster sinspeel op die drie samestellende historiese koninkryke van Munster; Thomond in die noorde. Desmond in die suide en Ormond in die ooste. ’n Opgeknapte logo met die toevoeging van ’n takbok by die drie krone, is vir die 2003-’04-seisoen bekendgestel.[3] Die nuwe wapen is deur Designer’s Ink, ’n grafiese-ontwerp- en handelsmerkagentskap in Limerick, ontwerp, die die firma het ’n Goue Toekenning in die Ierse Ontwerpeffektiwiteitstoekennings vir die handelsmerk en implementering van Munster Rugby ontvang.[4] Die wapen is ontwerp om die drie krone te behou en die nuwe rooi takbok stel krag en mededingendheid voor.[3] Die besluit vir die verandering was die gevolg van twee jaar se beplanning, navorsing en ontwerp.[3]
Munster speel hul tuiswedstryde op twee stadions – Thomond Park in Limerick en Irish Independent Park in Cork. Thomond Park is die grootste met sitplek vir nagenoeg 25 600 toeskouers en 9 500 mense kan op Irish Independent Park sit. Naas Munster speel Shannon RVK en UL Bohemians RVK ook hul tuiswedstryde op Thomond Park. Thomond Park is bekend vir sy atmosfeer en unieke geskiedenis[5] – die geraas gedurende spel en die algehele stilte wanneer ’n speler (tuis of weg) aanlê om te skop. Dit was ook bekend vir Munster se intimiderende rekord van meer as ’n dekade – hulle was gedurende die Heinekenbeker onoorwonne op hul tuisveld. Hierdie rekord is egter gedurende die 2006-’07-seisoen ongedaan gemaak toe hulle teen Leicester Tigers verloor het.[6] Munster oefen by die Universiteit van Limerick.
Thomond Park is in 1999 opgeknap en in 2006 het Munster verdere opknappingsplanne aangekondig. Die nuwe stadion met plek vir 25 600 is in 2008 geopen. Twee veerboë en die oploopvlak van die Oostelike Paviljoen is van die unieke kenmerke van die stadion.[7] Die nuwe stadionontwerp is gunstig ontvang en het die Openbare Keuse-toekenning vir 2009 van die Ierse Argitektuurstigting ontvang.[8] Daar was lang besprekings oor ’n moontlike nuwe naam vir die stadion, maar uiteindelik is besluit dat “Thomond Park” behoue sal bly.[9]
Seisoen | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | BP | Punte | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2001-’02 | 1ste (Poel B) | 6 | 5 | 0 | 1 | 0 | 15 | Verloor in eindstryd teen Leinster |
2002-’03 | 1ste (Poel A) | 7 | 6 | 0 | 1 | 4 | 28 | Wen in eindrondte teen Neath |
2003-’04 | 7de | 22 | 10 | 0 | 12 | 11 | 51 | |
2004-’05 | 2de | 20 | 15 | 1 | 4 | 7 | 69 | |
2005-’06 | 3de | 20 | 12 | 0 | 8 | 10 | 66 | |
2006-’07 | 6de | 20 | 12 | 0 | 8 | 6 | 54 | |
2007-’08 | 3de | 18 | 10 | 1 | 7 | 6 | 48 | |
2008-’09 | 1ste | 18 | 14 | 0 | 4 | 8 | 63 | Geen uitspeelrondtes. Wen op ligapunte. |
2009-’10 | 4de | 18 | 9 | 0 | 9 | 9 | 45 | Verloor in halfeindrondte teen Leinster |
2010-’11 | 1ste | 22 | 19 | 0 | 3 | 7 | 83 | Wen in eindrondte teen Leinster |
2011-’12 | 3de | 22 | 14 | 1 | 7 | 9 | 67 | Verloor in halfeindrondte teen Ospreys |
2012-’13 | 6de | 22 | 11 | 1 | 10 | 8 | 54 | |
2013-’14 | 3de | 22 | 16 | 0 | 6 | 10 | 74 | Verloor in halfeindrondte teen Glasgow Warriors |
2014-’15 | 2de | 22 | 15 | 2 | 5 | 11 | 75 | Verloor in eindrondte teen Glasgow Warriors |
2015-’16 | 6de | 22 | 13 | 0 | 9 | 11 | 63 | |
2016-’17 | 1ste | 22 | 19 | 0 | 3 | 10 | 86 | Verloor in eindrondte teen Scarlets |
2017-’18 | 4de | 21 | 13 | 1 | 7 | 15 | 69 | Verloor in halfeindrondte teen Leinster |
2018-’19 | 2de | 21 | 16 | 0 | 5 | 13 | 77 | Verloor in halfeindrondte teen Leinster |
Seisoen | Poel/Rondte | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | BP | Punte | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1995-’96 | Poel 4 | 2de | 2 | 1 | 0 | 1 | – | 2 | |
1996-’97 | Poel 4 | 4de | 4 | 2 | 0 | 2 | – | 4 | |
1997-’98 | Poel 4 | 4de | 6 | 2 | 0 | 4 | – | 4 | |
1998-’99 | Poel 2 | 2de | 6 | 4 | 1 | 1 | – | 9 | Verloor in kwarteindrondte teen Colomiers |
1999-’00 | Poel 4 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | – | 10 | Verloor in eindrondte teen Northampton |
2000-’01 | Poel 4 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | – | 10 | Verloor in halfeindrondte teen Stade Français |
2001-’02 | Poel 4 | 2de | 6 | 5 | 0 | 1 | – | 10 | Verloor in eindrondte teen Leicester |
2002-’03 | Poel 2 | 2de | 6 | 4 | 0 | 2 | – | 8 | Verloor in halfeindrondte teen Toulouse |
2003-’04 | Poel 5 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 4 | 24 | Verloor in halfeindrondte teen Wasps |
2004-’05 | Poel 4 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 2 | 22 | Verloor in kwarteindrondte teen Biarritz |
2005-’06 | Poel 1 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 3 | 23 | Wen in eindrondte teen Biarritz |
2006-’07 | Poel 4 | 2de | 6 | 5 | 0 | 1 | 3 | 23 | Verloor in kwarteindrondte teen Scarlets |
2007-’08 | Poel 5 | 1ste | 6 | 4 | 0 | 2 | 3 | 19 | Wen in eindrondte teen Toulouse |
2008-’09 | Poel 1 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 3 | 23 | Verloor in halfeindrondte teen Leinster |
2009-’10 | Poel 1 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 4 | 24 | Verloor in halfeindrondte teen Biarritz |
2010-’11 | Poel 3 | 2de | 6 | 3 | 0 | 3 | 4 | 16 | |
2011-’12 | Poel 1 | 1ste | 6 | 6 | 0 | 0 | 1 | 25 | Verloor in kwarteindrondte teen Ulster |
2012-’13 | Poel 1 | 2de | 6 | 4 | 0 | 2 | 4 | 20 | Verloor in halfeindrondte teen Clermont |
2013-’14 | Poel 6 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 3 | 23 | Verloor in halfeindrondte teen Toulon |
2014-’15 | Poel 1 | 3de | 6 | 3 | 0 | 3 | 3 | 15 | |
2015-’16 | Poel 4 | 3de | 6 | 3 | 0 | 3 | 3 | 15 | |
2016-’17 | Poel 1 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 4 | 24 | Verloor in halfeindrondte teen Saracens |
Seisoen | Poel/Rondte | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | BP | Punte | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2010-’11 | Verloor in eindrondte teen Harlequins |
Munster se span vir die 2017-’18-seisoen:
Stutte Hakers Slotte |
Losvoorspelers
Skrumskakels Losskakels |
Senters Vleuels Heelagters |