NML Cygni | ||||
![]() | ||||
H-Alpha-ligbeeld van Cygnus OB2, die sterassosiasie waarin NML Cygni lê. | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Spektraaltipe | M6I | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20h 46m 25,6s | |||
Deklinasie | +40° 06′ 59,4″ | |||
Skynmagnitude (m) | 16,6 | |||
B-V-kleurindeks | 2,0 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 32.5 | |||
Radius (R☉) | 1 183 | |||
Ligsterkte (L☉) | 270 000 | |||
Afstand (ligjaar) | 5 300 | |||
Ander name | ||||
V* V1489 Cyg, RAFGL 2650, IRC +40448 | ||||
|
NML Cygni, of V1489 Cygni, is ’n rooisuperreus[1] en een van die grootste sterre bekend. Sy radius is sowat 1 650 keer dié van die Son, of 7,67 AE. Die ster is een van die uiters helder superreuse.[2] Sy afstand van die Aarde af word op sowat 5 300 ligjare (1 600 parsek) geraam.[2] Die ster het ’n stowwerige omgewing[1] en toon ’n boontjievormige, asimmetriese newel.[3] Dit is ’n halfreëlmatige veranderlike ster met ’n periode van sowat 940 dae.[4]
NML Cygni is in 1965 deur Neugebauer, Martz en Leighton ontdek.[5] Die naam NML is afgelei van die drie ontdekkers se name.[6] Dit is deel van die Cygnus OB2-verbinding wat byna 2° in die lug beslaan. Dit is dus een van die naaste massiewe verbindings aan die son.[4]
NML Cygni is ’n massiewe suurstofryke ster.[7] Wilson en Barrett het aanvanklik OH-radio-emissies (1612 MHz) in 1968 ontdek. Later is die teenwoordigheid van molekules soos water (H2O), silikonmonoksied (SiO), koolstofmonoksied (CO), koolstofmonosulfied (CS), swaelmonoksied (SO), swaeldioksied (SO2) en waterstofsulfied (H2S) ook ontdek.[5]